Foto Krediet: Kaboompics
Gekopieër
Leer basiese instandhouding – Januarie wag nie vir loodgieters nie!
Die nuwejaar bring altyd vreugde, maar dit kan ook soms met uitdagings kom. Een moontlike uitdaging is wanneer jy in Januarie ʼn stukkende kraan of ʼn los teël in jou huis het en alle loodgieters, elektrisiëns en handige mense met verlof is. Wat moet jy doen as die kraan in die badkamer jou mal maak met sy aanhoudende drup en die loodgieter se selfoon onbereikbaar bly of jou begroting nie die herstel dek nie?
Solidariteit bied ʼn oplossing vir sy lede: ʼn gratis aanlyn kursus in basiese instandhouding. Hierdie kursus leer jou presies hoe om hierdie probleme self aan te pak – perfek vir die tye wanneer professionele hulp skaarser is as ʼn gammon op Kersdag in ʼn winkelsentrum!
Tegniese vaardighede is dalk nie iets waarmee jy gebore is nie, maar dit beteken nie jy kan dit nie aanleer nie. Of jy nou meer tuis voel met pen en papier of met potte en panne, hierdie kursus help jou om daardie eerste tree na selfstandigheid te gee. Dit is prakties, maklik verstaanbaar en ideaal vir beginners.
Wat leer jy?
Hierdie omvattende kursus bestaan uit nege modules wat jou toerus om alledaagse herstelwerk met selfvertroue aan te pak:
- Basiese gesondheid en veiligheid: Begin reg met die regte veiligheidsmaatreëls.
- Gereedskap en toerusting: Leer watter gereedskap jy benodig en hoe om dit te gebruik.
- Skrynwerk: Herstel en vervang stukkende deure of rakke.
- Elektries: Leer om eenvoudige elektriese probleme te hanteer.
- Loodgieterwerk: Herstel ʼn lekkende kraan of ʼn gebarste pyp.
- Verf- en vensterherstelwerk: Gee jou huis ʼn vars voorkoms.
- Heinings: Herstel en versterk beskadigde heinings.
- Tuinonderhoud: Pak eenvoudige tuinherstelwerk aan.
- Teëls: Maak stukkende plaveisel of los teëls reg.
Stel jou voor jy is alleen by die huis en ʼn probleem ontstaan. Jy hoef nie meer paniekbevange te raak of ure op die foon te spandeer nie. Hierdie kursus gee jou die vaardighede om self beheer te neem, tyd te bespaar en boonop koste te sny.
Moenie dat ʼn lekkende kraan jou moedeloos maak nie. Solidariteit se aanlyn kursus is gratis vir lede en maklik om te voltooi. Maak Januarie minder stresvol – skep sommer nóú jou profiel en begin leer. Jou toekoms is in jou hande!
Klik hier om vir hierdie kursus in te skryf.