loading
avatar
Artikels
1 jaar gelede
n-ontvangsdame-meer-as-net-n-vriendelike-gesig

Foto Krediet: OkayDeer

ʼn Ontvangsdame: Meer as net ʼn vriendelike gesig

Deur Maryna Eksteen

In enige maatskappy is die ontvangsdame dikwels die eerste persoon met wie kliënte, besoekers en selfs werknemers in aanraking kom. Hierdie ontmoeting is nie net die eerste indruk wat mense van die maatskappy kry nie; dit gee ook die toon aan vir hul hele ervaring daar. Dit maak die rol van ʼn ontvangsdame van onskatbare waarde – hulle is die gesig van die maatskappy en speel ʼn sleutelrol in hoe die maatskappy waargeneem en ervaar word.

ʼn Ontvangsdame is die persoon wat besoekers verwelkom en hulle gemaklik laat voel vanaf die oomblik dat hulle by die deur instap. Hierdie rol is van kardinale belang, aangesien die ontvangsdame die eerste lyn van kommunikasie is, wat beteken dat hulle die maatskappy se beeld en reputasie sterk beïnvloed. ʼn Vriendelike glimlag, ʼn beleefde groet en ʼn bereidheid om te help maak dat besoekers dadelik op hul gemak voel.

Wanneer mense ʼn warm en verwelkomende atmosfeer by die ontvangs ervaar, skep dit ʼn positiewe indruk van die hele maatskappy. Hierdie gevoel van gasvryheid kan dikwels die rede wees waarom kliënte terugkom – omdat hulle voel dat hulle nie net as kliënte beskou word nie, maar as waardevolle individue wat deur die maatskappy waardeer word. Die ontvangsdame is dus nie net iemand wat mense groet nie; sy is die een wat verhoudings begin bou en ʼn grondslag van vertroue skep.

Alhoewel die meeste mense dink dat ʼn ontvangsdame se werk net bestaan uit groet en telefoonoproepe hanteer, is haar rol baie meer omvattend. Sy moet dikwels veelvuldige take hanteer, insluitend die bestuur van die ontvangsarea, die koördinasie van afsprake, die hantering van e-posse en die verskaffing van inligting aan besoekers. Haar werk vereis uitstekende organisatoriese vaardighede, die vermoë om kalm te bly onder druk, asook ʼn sterk kliëntediens-oriëntasie.

ʼn Bekwame ontvangsdame verstaan die belangrikheid van elke interaksie, en met kursusse vir voortgesette leer soos Houding en Postuur en Kantooretiket kan sy bo haar mededingers uitstaan. Sy weet immers dat elke vraag, elke versoek en elke besoeker ʼn kans is om die maatskappy in ʼn positiewe lig te stel. Hierdie toewyding aan uitmuntendheid versterk die maatskappy se professionele beeld en verseker dat alles glad verloop, van die kleinste besonderhede tot die grootste uitdagings.

Navorsing deur die Southern Utah Universiteit het getoon dat kliënte dikwels na ‘n maatskappy terugkeer, nie net as gevolg van die produkte of dienste wat aangebied word nie, maar ook omdat die personeel vriendelik en uitnodigend is. ʼn Ontvangsdame wat ʼn atmosfeer van warmte en gasvryheid skep, dra direk by tot kliënte-lojaliteit. Solidariteit bied ʼn aanlyn e-leerkursus aan wat handel oor Kliëntediensuitnemendheid wat ʼn ontvangsdame na die volgende vlak kan neem. Mense onthou hoe hulle gevoel het toe hulle die maatskappy besoek het, en ʼn positiewe ervaring by die ontvangs kan dikwels die rede wees waarom hulle weer terugkom.

ʼn Ontvangsdame is ook ʼn noodsaaklike skakel tussen verskillende departemente en help om die interne kommunikasie glad te laat verloop. Deur haar werk verseker sy dat inligting vinnig en akkuraat aan die regte mense oorgedra word, wat bydra tot die algehele doeltreffendheid van die maatskappy.

Solidariteit sien hierdie merkwaardige individu as die hartklop van ʼn maatskappy se kliëntediens. Sy speel ʼn sleutelrol in die skep van ‘n positiewe eerste indruk. Haar vriendelikheid, kundigheid en vermoë om mense welkom en gewaardeer te laat voel, maak haar onontbeerlik in enige maatskappy.

Kantoorpraktisyns voel soms nie na waarde geag nie, maar hulle speel ʼn belangrike rol in die daaglikse bestuur van enige organisasie. Dit is nou die tyd vir kantoorpraktisyns om persoonlik verantwoordelikheid te neem en om deel te word van ʼn beroepsgemeenskap waar hulle verstaan word, hulle hul kennis kan deel, hulle hul vaardighede en kennis kan uitbrei en waar hulle hulself tot hul volle potensiaal as spesialis binne die beroep kan vestig. Sluit aan by Solidariteit se Kantoorpraktisynsnetwerk want #JyHoortHier! Klik hier om jou gratis profiel op Solidariteit te skep en neem jou toekoms in jou eie hande.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel