
Foto Krediet: Pavel Danilyuk via Pexels
Gekopieër
Noodhulp in die klaskamer: Kry die nodige kennis om reg op te tree
Wanneer ʼn noodgeval in die klaskamer opduik, is daar nie tyd om te wonder wat om te doen nie. As onderwyser is jy dikwels die eerste persoon wat kan help – en dít kan lewens red. Daarom bied Solidariteit nou ’n splinternuwe Noodhulp in die klaskamer-kursus aan, spesiaal ontwikkel vir onderwysers en toesighouers wat met kinders werk.
Deur Leré Nel
Noodhulp in die klaskamer,ʼn aanlyn kursus aangebied deur Solidariteit, help jou om jou bestaande noodhulpkennis op te skerp en praktiese vaardighede te herroep wat jy dalk lank terug aangeleer het. Jy leer nie net watter stappe om te volg nie, maar ook hoe om kalm en doeltreffend op te tree wanneer elke sekonde tel.
Wat leer dié kursus jou?
- Hoe om vinnig en akkuraat op verskillende tipes mediese noodgevalle te reageer
- Watter prosedures om te volg wanneer ’n kind beseer is of mediese aandag nodig het
- Hersien hoe om basiese noodhulp in ’n klaskamer-omgewing toe te pas
- Praktiese wenke om jou selfvertroue te bou wanneer dit by krisisbestuur kom
Hierdie kursus is ontwikkel vir onderwysers wat reeds ʼn noodhulpkwalifikasie het en hul vaardighede wil opskerp. Dis ’n uitstekende manier om jou verantwoordelikhede as opvoeder nóg ernstiger op te neem en voorbereid te wees vir enige onverwagse insident wat oor jou pad mag kom.
Kursusbesonderhede
Aanlyn beskikbaar op Solidariteit se e-leerplatform
Duur: 4 dae (voltooi op jou eie tyd)
Koste: R2 500 vir nielede | Gratis vir Solidariteit-lede (klik hier om ʼn lid te word)
Wat sê onderwysers wat reeds die kursus voltooi het?
“In ’n noodsituasie, wanneer daar 30 kinders om jou is, is dit só belangrik om te weet wat om eerste te doen. Hierdie kursus help jou om kalm te bly en vinnig te reageer.”
“Ek kon die kursus in my eie tyd ná werk doen – geen druk of tydgleuwe nie.”
“Die gedeelte oor basiese KPR was besonders waardevol – ek voel nou beter voorbereid vir enige situasie.”
“Die video’s is uitstekend! Dit wys stap vir stap wat om te doen, en dit maak dit baie makliker om alles te verstaan.”
Wie moet vir die kursus inskryf?
- Laerskool- en hoërskoolonderwysers
- Kleuterskoolpersoneel en nasorgwerkers
- Enigiemand in ’n toesighoudende rol oor kinders wat reeds ʼn noodhulpsertifikaat het
So skryf jy in:
- Skep jou profiel op www.solidariteit.co.za
- Koppel jou lidmaatskap
- Navigeer na Leer
- Soek vir Noodhulp in die klaskamer
- Klik op “Woon hierdie kursus by” en begin jou leerreis!
As jy nie ʼn lid is nie, maar nog steeds die kursus wil voltooi, klik hier.
Moet jy nog ʼn lid word?
As jy nog nie ’n Solidariteit-lid is nie, kan jy onder ’n minuut aansluit en onmiddellike toegang tot hierdie en sowat 180 ander gratis aanlyn kursusse kry. Klik hier om aan te sluit: Word vandag nog lid.
Onderwyser, jy bou die toekoms. Wees gereed vir enige situasie.
Met Solidariteit se voortgesette leer kan jy aanhou om jouself te bemagtig met kennis. Begin vandag leer en wees toegerus vir môre!