loading
Artikels
11 maande gelede
onderwyserposte-op-solidariteit-alles-wat-jy-moet-weet

Foto Krediet: OkayDeer

Onderwyserposte op Solidariteit: alles wat jy moet weet!

Deur Ané Janse van Rensburg

Suid-Afrika se onderwyslandskap is voortdurend besig om te verander. Solidariteit bied ʼn unieke geleentheid vir skole en onderwysers om hulself op ʼn platform sigbaar te maak. Hierdie platform wil hulle bemagtig en help om te groei.

Solidariteit is bekend vir sy toewyding aan kwaliteit onderwys en ondersteuning van die onderwysstelsel. Met die Solidariteit Onderwysernetwerk wat ten doel het om ʼn florerende omgewing te skep waar onderwysers hul passie kan uitleef, bied Solidariteit ʼn veilige en geloofwaardige aanlyn gemeenskap waar onderwysers vir poste kan soek, en waar skole vakante poste kan laai.

Henco Breytenbach, organiseerder van Solidariteit se Onderwysernetwerk, sê: “Ons wil hê dat skole spesifiek by ons Bemark jou Skool-inisiatief betrokke moet raak sodat ons kwaliteit Afrikaanse onderrig kan verseker.” Daar waar skole poste plaas, word dit op ʼn kreatiewe manier op sosiale media bemark en word ʼn groter aantal onderwysers bereik.

Solidariteit word geken aan sy sterk gemeenskapsbetrokkenheid en geloofwaardigheid. Daarom kan skole vertrou dat ʼn teikenmark bereik word wat nie net deel in hulle waardes nie, maar wat saam wil bou aan ʼn voorspoedige en verrykende toekoms.

Skole, só kan jy poste op die platform laai:

Solidariteit het ʼn eenvoudige driestapproses geskep waarvolgens jou skool poste kan adverteer:

1. Registreer jou skool se profiel op Solidariteit en raak deel van die grootste aanlyn werkgemeenskap. Volg hierdie skakel om met die proses te begin.

2. Voltooi jou profiel deur jou skool se besonderhede en inligting in te vul. Hierdie inligting gee aan werksoekers ʼn beter idee van jou skool.

3. Sodra jy jou profiel geregistreer het, kan jy ʼn pos op Solidariteit laai en moontlike kandidate vir die pos besigtig. Klik hier om ʼn pos met jou geregistreerde profiel op te laai.

Lees hier meer oor hoe om ʼn posadvertensie op te stel.

Onderwysers, soek hier vir beskikbare poste:

Registreer en bou jou profiel op Solidariteit se werkfasiliteringsplatform om deel te word van die grootste Afrikaanse aanlyn werkgemeenskap. Skep jou profiel, vul jou inligting in en bou jou digitale CV met ons slim CV-bouer. Laai dan jou CV op, besigtig beskikbare poste en doen aansoek vir die pos van jou drome.

“Ons help jou om jou CV te bou en jou droom werk te soek,” sê Breytenbach. Die platform bied ook ʼn wye verskeidenheid hulpbronne wat onderwysers wil bemagtig met kennis en vaardighede om die klaskamer te kan aandurf. Met toegang tot meer as 60 voortgesette leerkursusse, is sukses net ʼn paar klikke weg!

Solidariteit se Onderwysernetwerk vat hande met beide die onderwyser en die skool. Kom skakel in by die netwerk wat saam met jou wil groei en bou aan ʼn voorspoedige toekoms.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel