
Foto Krediet: OkayDeer
Gekopieër
Skep só jou gratis profiel op Solidariteit
Deur Maryna Eksteen
Solidariteit is ʼn reuse- aanlyn werkgemeenskap waar werkgewers en werksoekers bymekaar kan kom. Dit is ʼn gemeenskap waar jongmense die hulpbronne, ondersteuning en leiding kan kry wat hulle nodig het om hul doelwitte te bereik. Dit is ʼn bymekaarkom plek vir dokters, maatskaplike werkers, onderwysers, ambagsmanne en vele meer.
Solidariteit bied ʼn wye verskeidenheid werkkategorieë wat vir die unieke behoeftes van ons gemeenskap aangepas is. Hierdie kategorieë sluit in vakansiewerk, skaduwerk, tydelike werk, voltydse werk, internskappe en klerkskappe. Lees hier meer oor werkfasilitering.
Om ʼn profiel op Solidariteit te registreer, is so maklik soos een, twee, drie. Hier is ʼn paar stappe wat jy kan volg:
Registreer jou profiel
- Stap 1: Gaan na www.solidariteit.co.za en klik op die “Registreer”-skakel.
- Stap 2: Vul die verlangde inligting in.
- Stap 3: Voltooi jou profiel
Koppel jou lidmaatskap
- Stap 1: Gaan na www.solidariteit.co.za.
- Stap 2: Teken in om na die Solidariteit-platform deurgeskakel te word.
- Stap 3: Indien jy jou lidmaatskap op jou skootrekenaar koppel, kan jy op die lidmaatskap-opsie aan die linkerkant van die skerm klik. Indien jy jou lidmaatskap op jou selfoon koppel, kan jy op die hamburger-kieslys links aan die bokant van die koppelvlak klik en dan die lidmaatskap-opsie kies.
- Stap 4: Kies die opsie “Koppel my lidmaatskap”.
- Stap 5: Gebruik jou ID-nommer om jou lidmaatskap aan jou profiel te koppel.
Laai jou CV af
Die inligting wat op jou profiel gelaai is, word gebruik om jou CV te voltooi. Daarom is dit belangrik om seker te maak dat jou profiel so volledig as moontlik is.
- Stap 1: Klik op die ikoon met jou profielfoto.
- Stap 2: Klik op die profiel.
- Stap 3: Maak seker al die inligting op jou profiel is voltooi.
- Stap 4: Kies die opsie “Laai jou CV af”.
In vier maklike stappe het jy ʼn professioneel opgestelde CV.
My lys van werkgewers
Wanneer jy ʼn pos op Solidariteit wil plaas, is dit belangrik om te onthou dat jy ʼn organisasie moet skep.
- Stap 1: Klik op die ikoon met jou profielfoto.
- Stap 2: Kies die opsie “My lys van werkgewers”.
- Stap 3: Klik op “Skep ʼn nuwe werkgewer” of “Laai ʼn nuwe pos”.
- Stap 4: Maak seker dat al die inligting op die oorsig korrek is.
- Stap 5: Klik op “Skep ’n werkgewerprofiel”.
Nou is jy gereed om ʼn pos op te laai.
Laai ʼn pos op
Die belangrikste om te onthou wanneer jy ʼn pos op Solidariteit wil laai, is dat jy ʼn profiel vir jou onderneming moet skep.
- Stap 1: Klik op “Werk” wat op die kantnavigasie is.
- Stap 2: Kies die opsie “Plaas ʼn pos”.
- Stap 3: Volg die drie maklike stappe om ʼn pos op te laai.
- Stap 4: Jy gaan nou ʼn oorsig van die pos kan sien.
- Stap 5: Klik op “Plaas pos”.
Soek ʼn werk
Werksoek was nog nooit so maklik soos hier op Solidariteit nie.
- Stap 1: Kies die “Soek werk”-opsie vanaf die kieslys.
- Stap 2: Hier kan jy vir ʼn spesifieke werk soek, of ook volgens area en beroepsveld soek, of jy kan deur die beskikbare poste blaai.
- Stap 3: Om die pos-oorsig oop te maak, klik op die pos waarvoor jy sal wil aansoek doen.
- Stap 4: Jy kan kies of jy met jou CV of profiel daarvoor wil aansoek doen.
- Stap 5: Skryf ʼn dekbrief wat jy saam met jou aansoek na die werkgewer kan stuur. Neem kennis – ʼn dekbrief is nie ʼn vereiste nie.
- Stap 6: Klik op “Doen aansoek” om jou aansoek deur te stuur.
Groepe
Die groepe waaraan jy behoort, sal net reflekteer indien jy ʼn lid is.
- Stap 1: Klik op “Groepe”.
- Stap 2: Kies die groep waarvan jy ʼn lid wil word.
- Stap 3: Kies die groep en klik op die “Raak deel”-knoppie.
Nou kan jy heerlik op die groep kuier, lees en leer.
#RaakTuis op Solidariteit en besoek www.solidariteit.co.za om deel te word van ’n reuse-helpmekaargemeenskap wat saamstap op jou loopbaanpad. Klik hier om vandag nog ʼn lid te word.