loading
Artikels
1 jaar gelede
skerp-so-jou-powerpoint-vaardighede-op

Foto Krediet: OkayDeer

Skerp só jou PowerPoint-vaardighede op

Deur Maryna Eksteen

Om ʼn kantoorpraktisyn te wees, is meer as net ʼn agt-tot-vier-werk wat telefoonoproepe en Post-It-notatjies behels. ʼn Kantoorpraktisyn verrig ʼn verskeidenheid van administratiewe en klerklike take om die bedrywighede van ʼn kantoor of departement te ondersteun. Dié beroep gaan gepaard met unieke uitdagings en baie druk. Dit verg werklik ʼn kantoorkampioen om ʼn kantoorpraktisyn te wees.

Solidariteit verstaan dat ʼn kantoorpraktisyn die hart van elke organisasie of onderneming is en bied daarom vir jou ʼn netwerk van werk waar jy vry, veilig en voorspoedig in Afrikaans kan werk. Lees hier meer oor jou eenstopplatform vir werk.

Solidariteit bied oorsigtelike kursusse wat handel oor Microsoft Word, Microsoft Excel en Microsoft PowerPoint wat jy kan voltooi om jouself met nuwe inligting te bemagtig om sodoende bo jou mededingers uit te staan. Lees hier meer oor dié Microsoft-kursusse en wat dit alles behels.

Wanneer jy met Word en Excel vertroud is, kan jy jou Microsoft-vaardighede as kantoorpraktisyn afrond met ʼn PowerPoint-kursus. Dié kursus sal jou sommer vinnig aan die voorpunt van innoverende aanbiedings plaas wanneer dit by die voorbereiding van ʼn aanbieding kom.

Hierdie kursus bestaan uit een module en bevat 20 omvattende video’s waarin jy sal leer hoe om nuwe aanbiedings te skep en te stoor, gebruik te maak van WordArt, kollyste en media wat jy self kan invoeg. Tabelle hou nooit op nie en daarom sal jy in hierdie kursus leer hoe om tabelle en grafieke in jou voorlegging in te voeg en skyfies uit Word op te stel. Maak gebruik van skakels in jou aanbieding en raak animasie baas sodat jou voorlegging altyd tred hou met die nuutste aanbiedingsneigings.

klik hier indien jy hierdie PowerPoint-kursus wil voltooi, of lees hier meer oor hoe jy vir dié kursus kan inskryf.

Solidariteit is jou loopbaanvennoot op jou pad na meesterskap!

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel