loading
Artikels
2 jaar gelede
so-wat-is-jongwerkendes-nou-eintlik-ons-vertel-jou-meer

Foto Krediet: Solidariteit

Wat bied Solidariteit nou eintlik vir jong werkendes?

Jy het onlangs jou eerste werk gekry. Welgedaan, dit is ʼn mylpaal! Alhoewel jy dit verdien en jy reeds baie van jou beroep weet, is daar nóg meer wat jy kan en sal leer. Daar is moontlik ʼn paar dinge waaroor jy skielik onseker is. Om met jou eerste werk en met jou loopbaan te begin, is iets om ernstig op te neem, maar jy moet dit terselfdertyd geniet. Hoewel ʼn mens baie oor die werkplek in die praktyk kan leer, is daar dinge waarby jy reeds op ʼn jong ouderdom kan baat.

Solidariteit het met Marike Burger, koördineerder van Solidariteit se lidmaatskap vir jong werkendes, gesels oor hoe jy by hierdie lidmaatskap kan baat om sodoende vry, veilig en voorspoedig te kan leef en werk.

Volgens Burger is Solidariteit se Jongwerkende-lidmaatskap ideaal vir enige jong mens wat op soek is na hul eerste werk sowel as vir diegene wat pas die werkplek betree het.

“Solidariteit se Jongwerkende-lidmaatskap het ten doel om die oorgang van universiteit of skool na jou eerste werk so maklik as moontlik te maak. Ons pak die onsekerhede saam met jou aan, beantwoord die moeilike vrae waaroor jy onseker is en bemagtig jou om die regte keuses vir jou loopbaan te maak. Indien jy nie weet hoe of waar om te begin om jou CV op te stel nie, wys Solidariteit jou hoe, en ons wys jou ook waarvan jy moet bewus wees wanneer jy jou diensooreenkoms teken,” sê Burger.

Volgens Burger is die eerste indruk wat werkgewers van ʼn mens kry soms blywend en daarom wil Solidariteit verseker dat lede bo ander werksoekers uitstaan om sodoende ʼn voorkeurwerknemer te wees. Om dit te vermag, help hierdie lidmaatskap jou om nuwe vaardighede aan te leer wat in jou nuwe werkomgewing handig sal wees.

Solidariteit glo lewenslange leer is nodig om suksesvol in enige beroep te wees. Dit is dikwels die geval dat jong mense wat hul studies voltooi, nie aanhou om te leer en om hul vaardighede op te skerp nie, nie op hoogte bly van nuwe tendense in hul beroepe nie en dus onmededingend in ʼn mark is waar kennis die onderskeid tussen vooruitgang en stagnasie is.

Solidariteit bied vir jong mense eksklusiewe toegang tot geleenthede vir voortgesette leer wat spesifiek ontwikkel is om na die behoeftes van elke persoon wat pas die werkplek betree, te voorsien. Danksy gereelde navorsing bly Solidariteit bewus van die nuutste tendense in die werkplek en word Solidariteit se Leer-aanbod aangepas om aan spesifieke behoeftes te voldoen.

Burger sê dat alhoewel Solidariteit ʼn professionele diens aanbied, is alles wat met werk te doen nie net ernstig is nie – jy as jong werkende word werklik deel van ʼn netwerk van jong werkendes.

“Hierdie produk is totaal uniek in die Suid-Afrikaanse werkomgewing. Behalwe vir ʼn reeks voordele wat jy werklik kan benut, help ons jou ook om jou volle potensiaal te bereik, wat selfs dinge buite die werkplek insluit. Hoe moet jy begroot? Ons wys jou hoe! Stel jy in mentorskap belang? Ons bied gratis mentorskap aan! Hoe werk belasting? Moenie sukkel nie – ons leer jou hoe!” sê Marike Burger.

Burger is van mening dat Solidariteit werklik verstaan hoe dit vir enige jong mens voel om werk te soek. Werksoek is dikwels self ʼn voltydse werk. Daarom wil Solidariteit soveel as moontlik hulp aanbied. Van die opstel van jou CV tot die voorbereiding vir jou onderhoud, ons stap saam met jou op jou loopbaanpad sodat die reis nie net makliker is nie, maar sodat jy die reis ook kan geniet.

Die lidmaatskap sluit onder meer in toegang tot beroepsnetwerke en netwerkgeleenthede waar jy skouers kan skuur met kenners in jou beroep! Danksy ʼn mentorskapsprogram tot jou beskikking het jy ook toegang tot meesters in die beroep wat hul kennis met jou kan deel!

Volgens Burger is die span wat agter die skerms by Solidariteit werk, mense wat omgee omdat hulle sélf weet hoe dit voel om jonk te wees en hoe moeilik dit is om die werkplek te betree. Die werksoekproses was dikwels ook vir lede in hierdie span moeilik en daarom is dit vir hulle van persoonlike belang dat jong mense die regte en nodige hulp ontvang sodat hulle reeds van die begin af ʼn beter kans het om in die werkplek raakgesien te word.

Om hierdie nodige aspekte aan te leer, het jy ʼn vriend nodig wat saam met jou die loopbaanpad stap sodat jy dit nie alleen hoef te stap nie – ʼn vriend wat jou deel maak van ʼn gemeenskap van jong werkendes, waar jy net jouself kan wees en aan jou toekoms kan werk. Jy kan self ʼn muur of twee uitkap of bou, maar saam met Solidariteit bou ons ʼn hele nuwe toekoms!

Jóú werk is óns werk! #OnsBou saam aan die toekoms, want #OnsSalSelf!

Vir meer inligting oor Solidariteit se lidmaatskap vir jong werkendes, klikhier of lees hier meer. 

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel