Foto Krediet: Solidariteit
Gekopieër
Solidariteit: dié eenstopplatform vir ambagslui
Deur Heléne Leonard
Solidariteit, die splinternuwe aanlyn platform, is ʼn opwindende geleentheid en ondersteuningsnetwerk vir ambagslui. Solidariteit bied ʼn oorvloed van geleenthede om jou loopbaan te bevorder en suksesvol te maak, en dít is alles nou binne jou bereik met Solidariteit se nuwe aanlyn platform.
“Ons erken die belangrikheid van praktiese ervaring in die ambagsberoep, maar ons besef ook dat daar nog soveel meer is wat jou loopbaan kan help om vinniger te groei, soos ʼn bedradingslisensie en vele ander kortkursusse wat jou daardie ekstra hupstoot in jou loopbaan kan gee,” sê Dirk Smit, netwerkorganiseerder van Solidariteit se Ambagnetwerk. “Dit is waarom Solidariteit se nuwe platform so waardevol is. Die platform is ontwerp om jou volle potensiaal te ontgin, nie net binne die werkplek nie, maar ook in jou persoonlike groei.”
Een van die kardinale aspekte van ʼn suksesvolle loopbaan is die opbou van ʼn sterk netwerk van werk. Solidariteit bied ʼn wye verskeidenheid geleenthede vir ambagsmanne en -vroue. Jy kan deel wees van mentorskapprogramme waar jy terugploeg in die gemeenskap deur jou kennis en vaardighede aan jong ambagslui oor te dra.
By Solidariteit is ons nie tevrede om te wag vir die nuutste tendense in die werkplek om ons in te haal nie – ons bly aan die voorpunt deur voortdurende navorsing en deur ons rol as waghond in die werkplek. Ons stel ons leerervarings saam om by die spesifieke behoeftes van ons lede te pas, wat sal verseker dat jy altyd aan die voorpunt van kennis in die ambagswêreld is. Lees hier meer oor hoe Solidariteit tans ambagte in die werkplek beskerm.
Een van die kenmerke van Solidariteit se nuwe aanlyn platform is dat dit die eerste gemeenskapsplatform is wat werkgeleenthede, werkbeskerming en voortgesette leer in Afrikaans aan lede bied. Dít is die sleutel tot ʼn vry, veilige en voorspoedige toekoms vir ons gemeenskap.
Ons is gedrewe deur ʼn gemeenskaplike visie om ʼn Afrikaanse digitale ruimte te skep wat die krag van ʼn positiewe werkomgewing en netwerk benut. Ons erken en is bewus van die uitdagings wat ons gemeenskap in die verlede ervaar het, en ons glo dat deur toegang tot digitale hulpbronne en geleenthede te bied, ons die kans het om ʼn beter toekoms vir ons gemeenskap te bou.
Solidariteit se Ambagnetwerk is gedrewe deur ʼn visie van groei, samewerking en sukses vir ons gemeenskap. Ambagslui, ons nooi julle hartlik uit om deel te wees van hierdie opwindende beweging en om saam met ons aan ʼn vry, veilige en voorspoedige toekoms te bou. Lees hier meer oor Solidariteit se nuwe aanlyn platform.