
Foto Krediet: Unsplash
Gekopieër
Solidariteit dreig Ramaphosa, ministers met NGV-kostebevel
Deur Maryna Eksteen
Solidariteit het ʼn aanmaningskrywe oor die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) aan president Cyril Ramaphosa, die nasionale tesourie, die minister van finansies, mnr. Enoch Godongwana, die nasionale departement van gesondheid, die minister van gesondheid, dr. Joe Phaahla en die Nasionale Raad van Provinsies uitgereik.
Dit is vir Solidariteit skrikwekkend dat die planne om die NGV te implementeer voortgaan ondanks bewyse dat dit onwerkbaar is. Hierdie konsepwetgewing is teenstrydig met internasionale en konstitusionele standaarde. Alhoewel dit vir Jan Alleman wat nie ʼn mediese fonds het nie aanloklik mag lyk is dit ongelukkig nie volhoubaar nie. Huidige staatshospitale en -gesondheidsdienste is reeds rampspoedig en die NGV gaan dit verseker nie beter maak nie.
Die Nasionale Raad van Provinsies het reeds op 6 Desember 2023 die NGV bekragtig ondanks die feit dat daar geen kosteverslag van die regering se kant opgestel is nie. Die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) het proaktief opgetree en ʼn kosteverslag saamgestel om ondersoek te doen na wat die NGV die regering moontlik finansieel gaan kos. Klik hier om die volledige verslag te lees.
Die SNI het ook ʼn verslag vrygestel wat die diepliggende wantroue van medici teenoor die NGV-planne toon. Eerstens het gesondheidsorgwerkers aangedui dat hulle nou veel meer kennis oor die NGV dra, en daarmee saam het hulle afkeur van die NGV skerp toegeneem. ʼn Oorweldigende 99% van die respondente is boonop diep bekommerd oor die regering se bevoegdheid om die NGV te kan administreer en bestuur. Klik hier om die volledige verslag te lees.
Solidariteit het in ʼn aanmaningsbrief aan die regering geëis dat hulle moet onderneem om nie met enige administratiewe aksie voort te gaan om die NGV te implementeer nie. Met al die bewyse wat saam met die brief gestuur is sal dit baie onverantwoordelik en irrasioneel van die regering wees om met die NGV voort te gaan. Indien die brief geïgnoreer word sal Solidariteit voortgaan met regstappe teen die bevordering en implementering van die NGV.
Ons kan nie terugsit en kyk hoe die staat ons gesondheidstelsel vermink nie. Solidariteit het reeds met regstappe teen die Nasionale Gesondheidsversekeringswet (NGV) begin. Lees die volle storie hier.
Solidariteit is reg om die NGV tot in die hoogste hof te beveg, maar ons het jóú hulp nodig. Hofaksie om die NGV te stop gaan ongeveer R2,5 miljoen beloop!