loading
Artikels
1 jaar gelede
solidariteit-fokus-op-alle-beroepe-by-skole

Foto Krediet: OkayDeer

Solidariteit fokus op die onderwysberoep 

Deur Maryna Eksteen

Die onderwysberoep in Suid-Afrika verkeer onder enorme druk. Onderwysers sowel as ouers ondervind geweldige frustrasie weens die staat se idees en die uitwerking daarvan op die onderwysberoep. Hierdie druk kan na alle aspekte van die onderwys oorspoel en van gesoute onderwysers tot onderwysstudente ervaar onsekerheid en bekommernis oor die uitdagings in onderwys en die toekoms van dié beroep.

Solidariteit se Onderwysernetwerk bied antwoorde op hierdie uitdagings. Dié netwerk het ten doel om ʼn tuiste vir Afrikaanse onderwysers te skep waar lede mekaar kan ondersteun, die beroep kan beskerm en om geleentheid vir jong mense te bied om hierdie beroep suksesvol te betree. Klik hier om meer oor die beginneronderwyserseminaar te lees.

Die Onderwysernetwerk takel onderwysaangeleenthede wat veral Afrikaanse onderwysers raak, insluitende diensvoorwaardes, die behoud van beheerliggaamposte en die verlening van arbeidsregsadvies en bystand aan onderwysers.

By Solidariteit verstaan ons dat onderwys ʼn roeping is en dat dit oor die toekoms van ons kinders gaan. Juis daarom is dié beroep vir ons van kardinale belang. Onderwysers word ongelukkig dikwels ondermyn of misgekyk omdat die samelewing nie werklik begrip het vir die harde werk en belangrike taak van ʼn onderwyser nie. Leer meer hier.

Solidariteit se splinternuwe aanlyn bymekaarkomplek is ʼn plek waar onderwysers tuis kan voel in Afrikaans. As onderwyser kan jy deel word van ʼn beroepsgemeenskapsgroep waar jy aktief kan deelneem of op hoogte kan bly van beroepspesifieke nuus, artikels en berigte, beskikbare poste, die nuutste kursusse en toegang kan hê tot beroepspesifieke video’s en dokumente.

Skole is multidissiplinêre omgewings waarin verskeie ander beroepe ook verteenwoordig word en Solidariteit se Onderwysernetwerk het om hierdie rede besluit om by skole te gaan kuier om onderwysers, maatskaplike werkers, kantoorpraktisyns en finansiële personeel bewus te maak van hoe hulle in hul onderskeie beroepsnetwerke beskerm en bemagtig kan word.

Klik hier om meer te lees oor die voordele wat die Onderwysernetwerk jou bied. As jy wil hê die Onderwysernetwerk moet by jou skool kom kuier, stuur ʼn e-pos na onderrig@solidariteit.co.za. Indien jy nog nie deel is van die Onderwysernetwerk nie, klik hier om ʼn lid te word. Wees vry, veilig en voorspoedig in jou beroep. Werk ʼn toekoms oop met Solidariteit

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel