
Foto Krediet: Solidariteit
Gekopieër
Solidariteit se Aptekersnetwerk skep ʼn bymekaarkomplek
Deur Maryna Eksteen
Solidariteit is ʼn Netwerk van Werk wat die volledige loopbaanpad saam met sy lede stap.
Verandering vind konstant plaas in die wêreld van werk en daarom het Solidariteit besef dat hulle nie soos ander vakbonde oor die wêreld heen teen die gety van verandering kan terugdruk nie. Solidariteit lei sy lede op en help om gemeenskappe weer op te bou waar Afrikaners in Suid-Afrika kan bly voortbestaan.
Danksy Solidariteit se aanlyn werksgemeenskap kan jy jou volle potensiaal in jou beroep bereik. Met netwerkgeleenthede kan jy skouers skuur met ander kundiges wat die uitdagings van die beroep verstaan. Danksy voortgesette leer kan jy aan die voorpunt van verandering bly en jouself bemagtig om bo jou mededingers uit te staan. Die geleenthede is eindeloos.
Die doelwit en passie van die Solidariteit Aptekersnetwerk is om die beroep te bevorder en te beskerm, asook om die gemeenskap daaraan te herinner dat aptekers ʼn belangrike rol in gesondheidsorg vervul. Die Solidariteit Aptekersnetwerk skep ʼn heenkome vir aptekers waar hulle mekaar kan ondersteun, saam kan leer en uitdagings saam kan aanpak. Hierdie beroepsnetwerk is ook daarop toegespits om aptekers se beroep te beskerm en met werkbare oplossings vir die uitdagings wat in hierdie beroep ervaar word, vorendag te kom. Die Solidariteit Aptekersnetwerk het ten doel om ʼn veilige omgewing te skep waar aptekers tuis, veilig en gewaardeerd kan voel.
Solidariteit bied gratis werkfasilitering in Afrikaans wat daarop gemik is om werkgewers en werksoekers met mekaar in verbinding te bring – dit is selfs nóg makliker met Solidariteit se groepe. Klik hier om meer oor groepe te lees. Solidariteit tree nie as ʼn plasingsmaatskappy op nie, maar fasiliteer eerder die proses om werkgewers en werksoekers met mekaar in verbinding te bring. Deur hierdie belangrike rol te vervul, dra Solidariteit by tot die skepping van gemeenskappe waarin individue vry, veilig en voorspoedig kan wees. Klik hier om meer oor werkfasilitering te lees.
Hierdie funksie maak dit vir Solidariteit moontlik om lede van ons gemeenskap te help om betekenisvolle werk te vind wat ʼn gevoel van sekuriteit en erkenning bied. Hiér kan aptekers deel wees van ʼn gemeenskap waar hulle mekaar kan ondersteun en jong aptekers kan help om ʼn sukses van hul loopbane te maak.
“Elkeen wat wil werk moet kan werk, maar des te meer, elkeen moet góéd kan werk en nog meer as dit hulle volle potensiaal bereik.”
Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit.
Klik hier om jou Afrikaanse aanlyn werkgemeenskap te ontdek en #RaakTuis op Solidariteit. Om ʼn lid van Solidariteit te wees, beteken om deel van ʼn netwerk van werk te wees wat saam aan Suid-Afrika se toekoms bou. Klik hier en sluit vandag nog by Solidariteit aan.