
Foto Krediet: Solidariteit
Gekopieër
Solidariteit se netwerke in die mediese veld veg vir jou regte in die werkplek
Deur Maryna Eksteen
Werk bly die kern van Solidariteit en dit is ons missie om as waghond vir ons lede se regte op te tree. Waar begin jy antwoorde soek wanneer jy reeds al die regte kanale gevolg het om jou beroep te beoefen? Dr. Jacques West, ʼn algemene praktisyn in die Oos-Kaap, het hom tussen die duiwel en die diep blou see bevind toe hy aansoek gedoen het om as ʼn algemene praktisyn in Suid-Afrika te registreer.
Dr. West het ná afloop van sy studie aan die Universiteit van Pretoria na Kanada verhuis waar hy 31 jaar lank gepraktiseer en ʼn magdom kennis opgedoen het. Maar, soos die gesegde lui: Jou huis is waar jou hart is en dr. West se hart het gehunker na Suid-Afrika. In 2021 het hy besluit om na die land waar sy wortels lê terug te keer.
Dr. West kon nie net terugkom en sommer weer begin praktiseer nie. Indien ʼn dokter in Suid-Afrika wil praktiseer, moet hy of sy by die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika (HPCSA) geregistreer wees. Dr. West het by verskeie geleenthede al die verlangde dokumente aan HPCSA voorgelê as deel van die registrasievorm en omdat dit vir verifikasiedoeleindes benodig was. Ten spyte van sy herhaaldelike indiening van al die verlangde dokumente, het dit geen sukses opgelewer nie. Ná ʼn eindelose stryd met ʼn stelsel wat in wanorde verval het, het dr. West Solidariteit genader om vir hom en sy beroep te veg.
Peirru Marx, netwerkkoördineerder van die mediese bedryf by Solidariteit, het die geleentheid om dr. West te help met ope arms verwelkom. Marx en sy span het dit hulle missie gemaak om te verseker dat dr. West by die HPCSA geregistreer kom. Klik hier om die volledige artikel te lees.
Dr. West se stryd met die stelsel was nie die enigste een nie. Elyssa Hougaard het haar verpleegkundestudie in 2017 voltooi, maar haar registrasie het tussen die Internship and Community Programme (ICSP) en die Suid-Afrikaanse Raad op Verpleging (SARV) bly vasval. Elyssa het ʼn oor-en-weer-stryd gevoer om vir die internskapprogram te registreer wat ʼn vereiste vir verpleegpersoneel is. Nadat Solidariteit ingegryp het, kon Elyssa haar gemeenskapsjaar voltooi. Die SARV was volgende op die lys. Ná ʼn reusestryd het Solidariteit die stryd teen die stelsel gewen en kon Elyssa in 2021 haar registrasiesertifikaat en haar epoulette gaan afhaal. Klik hier om die volledige storie te lees.
Wat die registrasie van gesondheidswerkers betref, is dit dus duidelik dat gesondheidswerkers oraloor en in verskillende gesondheidsberoepe dieselfde uitdagings ervaar, maar as ʼn lid van Solidariteit se Doktersnetwerk, Verpleegnetwerk of die Aptekersnetwerk is jou beroep altyd in veilige hande. Jy hoef nie die bedreigings in jou beroep op jou eie aan te pak nie want ons baklei saam met jou.
Indien jy deel wil wees van ʼn gemeenskap waar jou stem saak maak, klik hier of stuur ʼn e-pos na medies@solidariteit.co.za vir verdere navrae.