loading
avatar
Artikels
1 maand gelede
van-oorleef-na-floreer-danksy-solidariteit-se-nuwe-onderwyserwelstand-kursus

Foto Krediet: Okay Deer

Van oorleef na floreer danksy Solidariteit se nuwe Onderwyserwelstand-kursus

Deur Kyla-Ann du Toit

Onderwys is meer as net ʼn beroep. Dit eis jou tyd, jou energie en jou hart. Onderwys is ʼn roeping.

Die realiteit is egter dat die druk, lang ure en emosionele las van die beroep al hoe meer aanleiding na onderwysers wat lei aan uitbranding. As jy al ooit gevoel het asof jy net probeer om deur die dag te kom, is jy beslis nie alleen nie.

Die goeie nuus? Dit hoef nie so te wees nie!

Solidariteit se nuwe Onderwyserwelstand-kursus is spesifiek ontwerp om jou te help om weer balans te vind, jou energie te herlaai en met nuwe moed die klaskamer te betree. Hierdie kursus is ʼn praktiese hulpmiddel wat jou sal help om volhoubaar in jou beroep te floreer.

Van uitbranding na nuwe energie

Onderwyseruitbranding het wêreldwyd krisisvlakke bereik en raak nie net opvoeders nie, maar ook leerderprestasie, skoolkultuur en die breër onderwysstelsel. Daarom fokus hierdie kursus nie net op simptome nie, maar op volhoubare oplossings.

In hierdie kursus leer jy onder meer:

  • • hoe om uitbranding te herken en proaktief te hanteer;
  • • hoe om jou veerkragtigheid en emosionele welstand te versterk;
  • • hoe om weer energie en betekenis in jou werk te vind; en
  • • hoe om jou rol as opvoeder met selfvertroue en balans aan te pak.

Deur praktiese beginsels soos die HERO-model (hoop, effektiwiteit, veerkragtigheid en optimisme) en emosionele intelligensie, word jy toegerus om nie net te oorleef nie, maar om werklik te floreer.

Welstand begin by die groter prentjie

Wat hierdie kursus uniek maak, is dat dit onderwyserwelstand nie as ʼn individuele tekortkoming sien nie, maar as deel van ʼn groter stelsel. Faktore soos leierskap, beleid, skoolkultuur en hulpbronne speel alles ʼn rol in hoe jy jou werk ervaar.

Die kursus is gegrond op beproefde teorieë soos:

  • • Bronfenbrenner se Ekologiese Stelselteorie
  • • Die PERMA-model vir welstand
  • • Maslow se Behoeftes
  • • Sielkundige Kapitaal

Hierdie kennis word prakties toegepas deur die Onderwyserwelstandsprogram (TWP), ʼn raamwerk wat help om volhoubare welstand in skole te bou.

Groei as onderwyser én as mens

Jy kan lief wees vir onderwys en steeds moeg wees vir alles wat daarmee gepaardgaan. Hierdie kursus help jou om weer beheer oor jou beroep te neem, gesonde grense te stel en jou energie doelgerig te bestuur.

Wanneer jy as onderwyser floreer, sien jy die verskil – nie net in jouself nie, maar ook in jou leerders, jou kollegas en jou skoolomgewing.

Onderwysers wat floreer skep leerders wat floreer

Solidariteit se Leer-platform gee jou toegang tot praktiese, relevante aanlyn kursusse wat jou help om professioneel én persoonlik te groei. Die Onderwyserwelstand-kursus is een van die hulpbronne wat spesifiek ontwerp is om jou te ondersteun. Dit is jou kans om weer balans te vind, jou energie te herstel en met nuwe motivering te werk.

Die kursus is gratis vir Solidariteit-lede, maar as jy nog nie ʼn lid is nie, kan jy steeds ʼn profiel registreer en toegang tot die kursus teen bekostigbare pryse kry.

Moenie wag totdat jy uitgebrand voel nie! Klik hier om vandag nog jou profiel te registreer en ontdek hoe jy werklik in jou beroep as onderwyser kan floreer.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel