loading
Artikels
1 week gelede
veg-saam-teen-die-ngv-want-jyhoorthier

Foto Krediet: Pexels

Veg saam teen die NGV, want #JyHoortHier

Deur Nico Strydom

Die Wet op Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) is ʼn vark wat die regering met lipstiffie en mooi klere optof en as iets aantreklik wil voorhou, maar Suid-Afrikaners weet dit bly ʼn vark en wil dit nie hê nie.

Die regering probeer om mense ʼn rat voor die oë te draai met die NGV en hou dit voor as sy manier om gesondheidsorg van hoë gehalte aan almal te bied en om die ongelykheid wat in gesondheidsorg bestaan, uit te wis. Die staat se gesondheidsdienste is egter grotendeels ʼn mislukking en openbare hospitale word oorwegend geken aan hul swak diens, lang wagtye, lang waglyste en in sommige gevalle die haglike toestande wat daar heers. Dan is daar boonop korrupsie en swak bestuur.

Die regering het misluk om gesondheidsorg van hoë gehalte te bied en die privaat sektor het toegetree en hoëgehalte-gesondheidsorg tot stand gebring. Nou wil die regering bloot kom en dit wat deur die privaat sektor daargestel is, oorneem. Die regering wil privaat gesondheidsorg onder staatsbeheer plaas.

“Almal het toegang tot gesondheidsorg. Die rede hoekom pasiënte wat gebruik maak van openbare gesondheidsorg ongelyke behandeling ontvang, is omdat die regering se gesondheidsorgstelsel inplof,” sê dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit. “Dit is hulle onbeholpenheid wat soveel smart veroorsaak. Hulle was obsessief oor ras, het vaardighede weggejaag, het swak bestuur en het gesteel. Hulle het mense se gesondheid geplunder.”

Die regering wil met die NGV die enigste aankoper van mediese dienste wees en voorskryf waar dokters mag praktiseer, wat hulle mag voorskryf en na watter dokter of hospitaal ʼn pasiënt mag gaan. “Dit is dieselfde staat met ʼn tragiese rekord van gesondheidsorgbestuur. Die uitkoms gaan net meer tragies wees. Dit maak geensins sin om meer van die gesondheidsorgstelsel in die hand van die staat te plaas wat reeds misluk het nie. Die nuwe stelsel is nie net sentrale befondsing nie; dit is ʼn sentraalbestuurde gesondheidsorgmodel,” het Hermann gesê.

Solidariteit is reeds aan die gang met ʼn reuseregstryd teen die NGV en het reeds suksesse in dié verband behaal. Solidariteit het van die begin af sy teenkanting teen die wetgewing duidelik laat blyk en sy regsgeding het binne die eerste uur nadat pres. Cyril Ramaphosa die NGV onderteken het, begin.

Solidariteit het onlangs sy reuseveldtog, #JyHoortHier, van stapel gestuur. Met hierdie veldtog sê Solidariteit ons gaan nêrens heen nie en daarom veg, beskerm en bou ons saam aan ʼn toekoms vir onsself en ons nageslag. Vat vandag hande met Solidariteit. Veg en bou saam met ons, want #JyHoortHier! Klik hier om Solidariteit te help om die NGV te stop.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel