loading
Artikels
1 jaar gelede
verpleegkundiges-van-viervoetiges-kan-tuis-voel-by-solidariteit

Foto Krediet: Unsplash

Verpleegkundiges van viervoetiges kan tuis voel by Solidariteit  

Deur Maryna Eksteen

ʼn Verpleegkundige speel ʼn kardinale rol in pasiëntversorging, ongeag of die pasiënte nou twee voete of vier het. Die werk bly uiters uitdagend maar tog ook baie stimulerend.

Soos verpleegkundiges in menslike gesondheidsorg, is diereverpleegkundiges opgelei in die jongste mediese sorg en werk as veeartse se regterhand om troeteldiere die beste moontlike mediese sorg te bied.

Die konsep van ʼn diereverpleegkundige mag dalk vreemd klink, maar sonder hierdie ongelooflike mense sal viervoetige pasiënte in dierehospitale nie ten volle kan genees nie.

Diverse mediese verantwoordelikhede wat dieresorg, ontleding van laboratoriummonsters, chirurgiese bystand, narkose, radiografiese beelding (x-strale), voedingsbestuur, tandheelkundige sorg, fisioterapie en kliënte-opvoeding insluit, word aan diereverpleegkundiges toevertrou. Hul betrokkenheid maak dit vir veeartsenykundige hospitale en dieresorg- en navorsingsfasiliteite moontlik om uitgebreide dienste doeltreffend en effektief aan te bied.

Solidariteit se Verpleegnetwerk het ten doel om ʼn veilige omgewing te skep waar verpleegkundiges volhoubare gesondheidsorg kan lewer. Alhoewel dié verpleegkundiges nie noodwendig klagtes van pasiënte aanhoor nie, moet hul ander beroepsuitdagings in die gesig staar. Klik hier om meer te lees oor hoe die Verpleegnetwerk sy lede bystaan.

Om na mense se geliefde troeteldiere om te sien, is om ʼn opoffering te maak. Verpleegkundiges se dae bestaan uit lang ure in moeilike en dreinerende toestande. Verpleegkundiges moet namens hul pasiënte sterk bly en dit kan soms moeilik wees om te sien hoe pasiënte ly. Verpleegkundiges staan dikwels by ʼn sterfbed, en tyd genees nie altyd die seer nie, veral omdat hierdie verpleegkunidges baie vinnig geheg raak aan hul pasiënte. Hulle staan tyd met hul eie familie af omdat hulle verstaan dat hul beroep ʼn roeping is wat groot waarde dra. Verpleging is uit en uit ʼn roeping.

Wees onmisbaar in jou beroep. Raak deel van ʼn gemeenskap waar jy jou roeping vry, veilig en voorspoedig kan uitleef. Klik hier om deel te word van Solidariteit se #Verpleegnetwerk.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel