loading
avatar
Artikels
6 dae gelede
verskerp-jou-vaardighede-in-die-werkplek-so

Foto Krediet: OkayDeer

Verskerp jou vaardighede in die werkplek só

Deur Kyla-Ann du Toit

Dit is nie meer genoeg om net ʼn kwalifikasie of werkservaring te hê nie. Jy móét bo ander uitstaan deur jou vaardighede voortdurend te verskerp, jou kennis te verbreed en te wys dat jy bereid is om te groei. Voortgesette leer is deesdae nie meer “net ʼn ekstra” nie – dit is noodsaaklik.

Werkgewers soek mense wat wíl leer, wat beter wíl wees en wat wíl groei. En dít is presies wat Solidariteit se aanlyn leerplatform jou bied: Toegang tot nagenoeg 150 praktiese, beroepsgerigte kursusse (heeltemal gratis vir Solidariteit-lede).

Hier is vyf aanlyn kursusse wat jou sal help om jou vaardighede in die werkplek te verskerp sodat jy bo die res uitstaan:

1. Welstand in die werkplek

ʼn Gesonde én suksesvolle werkplek is ʼn produktiewe werkplek. Hierdie kursus leer jou hoe jy die welstand in jou organisasie kan bevorder deur die agt pilare van welstand toe te pas. Jy ontdek hoe mensehulpbronne-personeel, bestuurders en werknemers almal ʼn rol in gesonde werkverhoudinge speel.

Hierdie kursus duur slegs een uur lank. Klik hier om dit te voltooi.

2. Kommunikasie in jou werkplek

Kommunikasie is een van die belangrikste vaardigheid in enige werkplek. Hierdie kursus wys jou hoe om duidelik, professioneel en doelgerig te kommunikeer.

Hoekom moet jy hierdie kursus voltooi? Wel, hier is wat ander kursusgangers te sê het:

  • • “Dit is baie insiggewend. Ek het nuwe konsepte geleer wat ek nou elke dag toepas.”
  • • “Dit bied praktiese wenke en goeie feite wat ek dadelik kon gebruik.”

Klik hier om die kursus te voltooi.

3. Tydsbestuur

Moenie dat tyd jou dag beheer nie. Neem self beheer daarvan met beproefde tegnieke vir tydsbestuur. Hierdie kursus leer jou hoe om realistiese doelwitte te stel, te prioritiseer en uiteindelik meer gedoen te kry sonder om oorweldig te voel.

Wat sê vorige kursusgangers van hierdie kursus?

  • • “Ek het nou ʼn beter idee van hoe om my dag te beplan en produktief te wees.”
  • • “Goeie hulpmiddels en detail – ek beveel dit aan vir enigeen wat meer orde in hul werkdag soek.”

Klik hier om die kursus te voltooi en leer hoe om jou tyd beter te bestuur.

4. Gevorderde konflikbestuur

Konflik is ongelukkig iets wat in die werkplek kan voorkom en dit is onvermydelik. Dit hoef egter nie produktiwiteit te affekteer nie. Hierdie kursus wys jou hoe om konflik op te los op ʼn manier wat vertroue bou en spanne help floreer. Jy leer van emosionele intelligensie, leierskap in moeilike situasies en hoe om konflik as ʼn geleentheid vir groei te sien.

Lees hier wat ander oor die kursus te sê het:

  • • “Ek het besef ek moet meer geduld hê. Ek het praktiese raad gekry oor hoe om dit regtig te doen.”
  • • “Baie deeglik en professioneel. Ek verstaan nou beter hoe konflik werk en hoe ek dit kan bestuur.”

Klik hier om vandag nog met die kursus te begin.

5. Professionele voorkoms in die werkplek

Jou professionele gedrag, voorkoms en teenwoordigheid dra alles by tot hoe mense jou in die werkplek ervaar. Hierdie kursus leer jou hoe om met selfvertroue op te tree en jou persoonlike handelsmerk professioneel te ontwikkel.

Vorige kursusgangers beskryf hierdie kursus as “baie insiggewend en inspirerend”. Ander sê hulle is nou meer bemagtig in hoe hulle voorkom en besef hoe belangrik dit is om bewus te wees van hoe hulle optree.

Klik hier om die kursus te voltooi en verseker dat jou voorkoms professioneel is. Onthou, jy het nooit ʼn tweede kans om ʼn eerste indruk te maak nie.

Bereik jou volle potensiaal deur voortgesette leer

Verskerp jou vaardighede maklik en vinnig danksy Solidariteit se gratis Leer-aanbod vir lede. Indien jy nog nie ʼn lid van Solidariteit is nie, het jy die opsie om hierdie kursusse te koop. Klik hier om jou gratis Solidariteit-profiel te skep om die kursusse te voltooi.

Begin vandag en bereik jou volle potensiaal!

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel