loading
avatar
Artikels
5 dae gelede
hoe-kan-jy-eindjaarmoegheid-hokslaan

Foto Krediet: Pexels

Hoe kan jy eindjaarmoegheid hokslaan?

Deur Anja van den Berg

Begin jy ook teen Oktober die laaste paar kilometer van die jaar vóél? Die maande raak min, sperdatums hoop op en doelwitte moet steeds bereik word. Hoekom kom die einde van die jaar met so ʼn vreemde kombinasie van verwagting en moegheid?

  • • Die Suid-Afrikaanse Federasie vir Geestesgesondheid verduidelik dat uitbranding tipies aan die einde van die jaar toeneem omdat ekstra werkdruk tot oorlading lei.
  • • Beperkte tyd beteken langer ure – en minder tyd vir broodnodige blaaskanse.
  • • Ons basislyn-stres is reeds hoog. Volgens die jongste Gallup-verslag ervaar 36% van die Suid-Afrikaanse arbeidsmag daagliks oormatige stres.

Hierdie werklikheid skep ʼn teelaarde vir uitbranding soos November nader kom. Wees dus proaktief en bemagtig jouself met vaardighede om jou werkslading en gemoed in hierdie tydperk te bestuur.

ʼn Praktiese manier om vars energie in te bring, is om jou roetine met kortkursusse te vernuwe. Dis ʼn vinnige, stimulerende afwyking van die gewone én ʼn belegging in jou groei.

Gee jouself ʼn energiehupstoot met die volgende vyf kortkursusse op Solidariteit:

1. Welstand in die werkplek

Jou welstand is die kern van ʼn gesonde organisasiekultuur. Hierdie kursus dek die agt pilare van welstand en wys hoe welstandsprogramme prakties geïmplementeer kan word. Leer watter rol bestuur en mensehulpbronbestuurders speel, die riglyne vir die vestiging van ʼn kultuur van welstand, en hoe dit direk tot hoër produktiwiteit bydra.

2. Gevorderde konflikbestuur

Konflik is onvermydelik in enige span, maar dit hóéf nie negatief te wees nie. Hierdie kursus ondersoek die teorie en praktyk van konflikbestuur, met spesiale klem op emosionele intelligensie en leierskap. Leer hoe om konflik in spanne te ontleed, te bestuur en selfs as ʼn produktiewe krag te benut.

3. Professionele optrede in die werkplek

Werksetiek en integriteit is nie net mooi woorde nie – dis praktiese keuses wat jou geloofwaardigheid en loopbaan bepaal. Hierdie kursus leer kursusgangers om professioneel op te tree ongeag die heersende korporatiewe kultuur. Jy sal ook die sleutelvaardighede van verhoudingsbou bemeester en leer hoe om integriteit in jou daaglikse optrede te integreer.

4. Kommunikasie in jou werkplek

Doeltreffende kommunikasie is die olie in die enjin van enige organisasie. Hierdie kursus bied praktiese wenke oor digitale voorleggings, doeltreffende vergaderings en formele korrespondensie. Leer hoe duidelike, pasgemaakte kommunikasie misverstande kan voorkom en waardevolle tyd kan spaar.

5. Tydsbestuur

Tyd is een van ons skaarsste hulpbronne, maar dis so maklik om te vermors! Kursusgangers sal leer hoe om hul dag proaktief te bestuur met duidelike, bruikbare wenke oor hoe om doelwitte te prioritiseer, tydmors te beperk en produktiwiteit te handhaaf.

Moenie wag vir 2026 nie. Gee nóú reeds vir jouself die gereedskap om stres, tyd en kommunikasie slimmer te bestuur. Vandag se belegging in vaardighede is môre se volhoubaarheid en sukses.

Hierdie kursusse (en honderde ander) is gratis beskikbaar vir lede op Solidariteit se leerportaal. Klik hier om sommer vandag nog jou gratis profiel te registreer. Is jy nog nie ʼn lid nie? Geen probleem! Jy kan betaal om die kursusse te voltooi óf jy kan maklik aansluit en toegang tot die volle pakket voordele kry.

Bereik jou volle potensiaal danksy Solidariteit!

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel