
Foto Krediet: OkayDeer
Gekopieër
Bemark jou skool só
Deur Nico Strydom
Video’s is van die gewildste tipe inhoud op sosiale media en daar word in bemarkingskringe groot fokus op videobemarkingstrategieë geplaas.
Visuele inhoud is ‘n uiters doeltreffende manier om ʼn boodskap oor te dra en ‘n impak te maak.
Dit is belangrik om te weet hoekom video’s so gewild is op sosiale media voordat ons praat oor die voordele en belangrikheid daarvan in bemarkingstrategie. Daar is ’n aantal redes waarom visuele inhoud so gewild geword het. Een rede is die eenvoudige feit dat dit vir die meeste mense verstaanbaar is en ook makliker as geskrewe inligting is om te verwerk. Video’s laat mense ook deel voel en kan meer emosie oordra as ander inhoud.
Die gebruik van video’s in jou bemarkingstrategie kan jou dus help om jou skool se handelsmerk meer persoonlik te maak, maar ook om jou skool se reputasie op te bou.
In hierdie kursus van Solidariteit, Video’s en sosiale media, gee André Oberholzer van Market My School ʼn oorsig oor die gebruik van video’s, sosiale media en doeltreffende bemarkingbeskrywings vir skole. Oberholzer benadruk die belangrikheid van ʼn digitale aanwesigheid vir skole en hoe inhoud ʼn kultuur van betrokkenheid skep. Hy lê ook klem op die krag wat video’s op ʼn skool se sosiale media kan hê.
Daar word onder meer gekyk na die belangrikheid om ʼn video-strategie in plek te hê en ook die belangrikheid daarvan vir doeltreffende kommunikasie rakende interne kommunikasie sowel as vir reklame. Dit is belangrik om jou gehoor te vermaak, te inspireer en te motiveer, en Oberholzer verduidelik hoe die gebruik van video’s vir hierdie doel ingespan kan word.
Praktiese raad en wenke word gegee oor waar en hoe om met ʼn video-strategie vir jou skool te begin, die regte platforms daarvoor te kies, en hoe om jou sukses in dié verband te meet en jou strategie daarvolgens aan te pas. Video’s op sosiale media kan jou help om ʼn gemeenskap om jou skool te bou, maar dit is belangrik om kreatief te wees. Daar is moets en moenies wanneer dit by opwindende video-inhoud vir sosiale media (oftewel kortvormvideo’s) kom.
Die doeltreffendheid van onbetaalde bemarking teenoor betaalde bemarking kom ook onder die loep in hierdie insiggewende kursus.
Wees aan die voorpunt van jou loopbaanontwikkeling!
Lees hier meer oor jou eenstopberoepstuiste vir voortgesette leer. Indien jy nog nie ʼn lid van Solidariteit is nie, klik hier om binne ʼn minuut aan te sluit. Klik hier indien jy hierdie kursus wil voltooi, of lees hier meer oor hoe jy vir dié kursus kan inskryf.
Neem jou skool se sosialemediabemarking na ʼn nuwe vlak met hierdie insiggewende kursus op Solidariteit.