loading
Artikels
8 maande gelede
voortgesette-leer-was-nog-nooit-so-maklik-nie

Foto Krediet: OkayDeer

Voortgesette leer was nog nooit so maklik nie!

Deur Maryna Eksteen

Leer was nog nooit so maklik soos hier by Solidariteit nie! Met Solidariteit se aanlyn bymekaarkomplek kan jy by jou beroepstuiste inskakel en beroepspesifieke kursusse volg wat jou bo jou mededingers sal laat uitstaan. Daar is tans meer as 120 e-leerkursusse beskikbaar waarvan die meeste kursusse gratis beskikbaar is aan Solidariteit-lede.  

Dit maak nie saak of jy ’n ambagsman, onderwyser of kandidaatprokureur is nie, daar is iets vir almal. Deur voortgesette leer kan jy jou vaardighede ontwikkel en aan die voorpunt van jou loopbaan bly met opleidingskursusse van hoë gehalte. Maak jouself onmisbaar met deurlopende opleiding waardeur jy jou CV kan aanvul of die nodige VPO-punte kan bekom. Dit kan ook vir jou nuwe en bevorderingsgeleenthede moontlik maak.

Dit is dikwels moeilik om kursusse by te woon wat jou vaardighede kan opskerp, maar met Solidariteit kan jy waardevolle leermodules wat relevant tot jóú werksomgewing is, in die gemak van jou huis of kantoor aanlyn voltooi.

Solidariteit het hande gevat met kenners in elke veld om seker te maak dat jy by die beste mense in jou beroep leer. Kommunikasie- en Bemarkingsbeamptes kan onder meer uitsien na kursusse deur kenners soos die spesialis en besigheidstrateeg GP van Rheede van Oudtshoorn en die bekende radio-omroeper Elsje van Jaarsveld. Jongwerkendes kan uitsien na kursusse soos: Professionele optrede in die werkplek; E-pos-etiket; Belasting vir jong werkendes en nog vele meer.Ambagslui kan gereed maak vir kursusse wat in samewerking met maatskappye soos TDMI en Ikusasa saamgestel is, en natuurlik ook Sol-Tech. Kandidaatprokureurs kan inskakel vir Solidariteit se splinternuwe Slypskool wat deur kenners soos adv. Gerrie Nel, dr. Llewellyn Curlewis en nog vele ander saamgestel is. Die lys gaan aan.  

Die geleenthede is werklik eindeloos, en by Solidariteit is werk deel van ons hart, daarom stap ons die volle loopbaanpad saam met jou – lees hier meer. Solidariteit bied ’n reeks voordele aan lede waarvan voortgesette leer maar net ’n druppel in die emmer is – loer hier vir meer inligting.   

“Om bloot goed te kan werk is nie goed genoeg nie. Ons stel lede in staat om hulle volle potensiaal te bereik. Dit moet egter al op skoolvlak begin wanneer die regte vakke en beroepsrigtings en studiegeleenthede gekies word. Elkeen wat wil studeer, moet kan studeer en ook kan kies waar om te studeer. Ons help ons lede deur voortgesette leer om altyd aan die voorpunt van hulle beroep te wees,” – Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit.  

#RaakTuis by Solidariteit deur hier te klik. Jou toekoms is in jou hande! Saam kan ons vry, veilig en voorspoedig wees. Indien jy nog nie ’n gratis profiel op Solidariteit geskep het nie, klik hier, of leeshier meer oor hoe jy vir kursusse vir voortgesette leer kan inskryf.  

Waarvoor wag jy? Leer was nog nooit so maklik soos hier by Solidariteit nie!

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel

loading
Soortgelyke artikels
similar article avatar
Wenke om kuberkraking te voorkom

Nuus
17 September 2024