loading
avatar
Artikels
8 uur gelede
waarom-is-finansies-tans-een-van-die-slimste-beroepskeuses

Foto Krediet: Okay Deer

Waarom is finansies tans een van die slimste beroepskeuses?

Deur Kyla-Ann du Toit

Finansies bly een van die gesogste beroepsvelde in Suid-Afrika. Terwyl werkgewers sukkel om geskikte kandidate te vind, word finansiële praktisyns al hoe meer gesog – veral jong werkendes wat nie net die nodige kwalifikasies het nie, maar ook prakties voorbereid is vir die werkplek.

Vir jong mense wat hul loopbaan in finansies wil begin of vir werksoekers wat hulself sterker in die arbeidsmark wil posisioneer, bied die finansiële bedryf ʼn waardevolle geleentheid. Dit is ʼn veld waarin werknemers vinnig waardevol geag word én waar hul vaardighede werklik in aanvraag is.

Werksoek en werkgee in finansies

Baie ervare beroepspersone in die finansiële bedryf emigreer of verlaat die plaaslike arbeidsmark, wat beteken dat meer geleenthede vir nuwe toetreders en jong werkendes ontstaan. Werkgewers sukkel egter steeds om geskikte kandidate te vind en daarom bly die vraag na jong finansiële praktisyns groei.

Wanneer meer geleenthede beskikbaar is, wil kandidate natuurlik die beste aanbod aanvaar. Werkgewers soek egter méér as net kwalifikasies; hulle soek kandidate wat gereed is vir die werkplek. Daarom moet jy seker maak dat jy nie net aansoek doen nie, maar ook dat jy bo die ander kandidate uitstaan.

Werkgewers soek kandidate wat kan inspring, leer, aanpas en waarde tot die maatskappy toevoeg. Hulle soek werknemers wat reeds verstaan hoe die werkplek funksioneer en wat vertroud is met die gereedskap wat maatskappye elke dag gebruik.

Dít is waar Solidariteit ʼn beduidende verskil in jou loopbaan kan maak. Deur jou gratis profiel op Solidariteit-aanlyn te skep, kry jy toegang tot talle werksgeleenthede, asook geleenthede om die vaardighede te ontwikkel waarna werkgewers op soek is.

Daar is talle beskikbare poste in finansies op Solidariteit-aanlyn beskikbaar. Klik hier.

Solidariteit-aanlyn: van ‘ek soek werk’ na ‘ek is gereed vir werk’

Solidariteit gee jou nie net toegang tot werksgeleenthede nie; dit gee jou ʼn strategiese voorsprong in ʼn beroepsveld wat voortdurend groei. Deur slegs ʼn gratis profiel op Solidariteit-aanlyn te skep, kry jy toegang tot beskikbare poste terwyl jy terselfdertyd jou vaardighede versterk.

Op Solidariteit-aanlyn kry jy toegang tot:

  • VPO-opleidingswebinare: As deel van die Solidariteit Finansiesnetwerk se nuwe samewerking met die Geoktrooieerde Instituut vir Sake-rekenmeesters (CIBA), ontvang lede nou eksklusiewe toegang tot gratis VPO-opleidingswebinare.
  • Finansies-slypskool: Solidariteit se Finansies-slypskool is spesifiek ontwerp om jou praktiese kennis te bied oor hoe ʼn finansiële praktyk werk en wat dit verg om sukses in die bedryf te behaal. Klik hier.
  • Sage50C: Die Sage50C Pastel-kursus op Solidariteit-aanlyn sal jou leer hoe om die Sage50C Pastel Partner-program te gebruik. Ná die suksesvolle voltooiing van die kursus, ontvang jy ʼn erkende sertifikaat vanaf die Universiteit van Sage. Solidariteit-lede kwalifiseer vir 10%-afslag op die opleiding. Klik hier.

Hierdie vaardighede is die verskil tussen “Ek soek werk” en “Ek is gereed vir werk”, wat sal verseker dat jy bo ander kandidate uitstaan.

Finansies groei – maak seker jy groei saam

Wanneer jy reeds basiese blootstelling aan prosesse, sagteware en werkplekgereedheid het, word jy onmiddellik meer relevant vir werkgewers. Vir jong werkendes is dit ook ʼn praktiese manier om jou loopbaan in finansies af te skop.

Die finansiële bedryf het jóú nodig! As jy ʼn loopbaan in finansies wil nastreef, is dit nou die tyd om jou profiel op Solidariteit-aanlyn te skep, jou vaardighede te slyp en werkplekgereed te word.

Klik hier om vandag nog jou profiel te registreer en kry toegang tot werksgeleenthede én die vaardighede wat jou sal help om daardie werk te kry.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel