
Foto Krediet: OkayDeer
Gekopieër
Wat baat Microsoft-vaardigheid my?
Deur Marné Pienaar
“Wat maak Microsoft Office so belangrik en hoekom moet ek weet hoe dit werk?”
Is dit hoe jy voel as mense alewig daarop hamer dat jy Office-vaardig moet wees?
Dit is nie om dowe neute dat Microsoft Office soveel aandag geniet nie – en in die werkplek raak dit al hoe belangriker om hierdie vaardighede onder die knie te hê.
Volgens ʼn studie wat onlangs op Microsoft se webwerf gepubliseer is, ondersoek hulle sleutelvaardighede om jou sukses met die gebruik van Kunsmatige Intelligensie (KI) te verseker. Alhoewel die artikel meer op die IT-bedryf gefokus is, is die inhoud van die ondersoek op alle industrieë van toepassing.
Hierdie studie het bevind dat vaardigheid in Microsoft Office die belangrikste tegniese vaardigheid vir professionele sukses is.
Drie redes waarom jy Microsoft Office-vaardig moet wees
- 1. Industriestandaard: Die gebruik van Microsoft Office is die standaard in die industrie. Jy sal waarskynlik in enige werkplek met hierdie programme te doen hê. Jy sal dus nie in die werkplek kan funksioneer sonder hierdie vaardighede nie.
- 2. Posvereistes: Die meeste poste wat geadverteer word, vereis dat jy vaardig moet wees in Microsoft Office se basiese programme.
- 3. Verbeterde indiensneembaarheid: Jy verhoog jou kans aansienlik om jou droomwerk los te slaan indien jy oor die nodige vaardighede beskik om hierdie programme effektief te kan gebruik.
Voortgesette leer
Solidariteit glo dat elkeen wat wíl werk, moet kán werk. Daarmee saam moet jy góéd kan werk sodat jy jou volle potensiaal kan bereik. Voortgesette leer beteken om voortdurend te leer en só jou kennis en vaardighede op te skerp. Daarom bestaan ons leerportaal – sodat jy kan leer en jouself met kennis kan bemagtig.
Solidariteit bied die volgende kursusse aan om Microsoft Office-vaardighede te slyp:
Sodra jy jou kursus voltooi het, sal jy ʼn sertifikaat ontvang wat jy by jou CV kan voeg.
Wat sê die resensies?
Terugvoer oor ons kursusse is vir ons van kardinale belang. Hier is van die terugvoer wat ons op elk van die Microsoft Office-kursusse ontvang het:
“Baie goeie kursus, baie mooi verduidelik, het alles verstaan en baie geleer.”
ʼn Persoon wat die Excel-kursus voltooi het.
“Kursus is baie leersaam en insiggewend. Baie nuwe funksies geleer en was goed om weer verfris te word met Powerpoint”
ʼn Persoon wat die PowerPoint-kursus voltooi het.
“Ek werk al jare (20 plus) op Word en het nog baie geleer.”
ʼn Persoon wat die Word-kursus voltooi het.
Deur hierdie vaardighede aan te leer, sal jy nie net meer waardevol vir jou span wees nie, jy sal jou produktiwiteit verhoog en van jouself ʼn onmisbare werknemer vir enige onderneming maak.
Begin vandag jou toekoms uitkerf en leer jou toekoms oop! Lede van Solidariteit verkry gratis toegang tot hierdie kursusse en meer as ʼn honderd ander aanlyn kursusse en webinare wat jy op ons leerportaal kan voltooi.
Skep jou gratis profiel, koppel jou lidmaatskap en neem jou toekoms in jou eie hande.