Foto Krediet: OkayDeer
Gekopieër
Wat jongwerkendes verkeerd verstaan oor sukses
Ons is so geneig om ons waarde aan sukses te koppel. Jong mense wat onlangs die werkersmark betree het, kan moedeloos voel wanneer hulle nie dadelik voldoen aan hul eie definisie van sukses nie. Dit is tyd om sukses te herdefineer. Lees gerus hierdie artikel vir ʼn nuwe perspektief oor sukses.
Deur Reon Janse van Rensburg
Wanneer jy jou eerste werk kry, is dit ʼn groot mylpaal. Dit is ʼn teken dat jy nie net jou studie deurgekom het nie, maar ook op die punt is om volwaardige deel van die werkplek te word en dat jy nou ʼn mate van volwassenheid betree. Dit is ʼn opwindende, maar dikwels onsekere tyd. Jong mense is egter geneig om te dink dat sukses onmiddellik sal volg, net omdat hulle ʼn werk gekry het. Die realiteit is egter dat sukses nie net oor die begin van jou loopbaan gaan nie, maar oor hoe jy met uitdagings omgaan, aanhou leer en aanpas om op die lange duur te groei.
Een van die grootste misverstande wat jongwerkendes dikwels het, is die idee dat sukses ʼn lineêre pad is – dat hulle net moet werk en alles sal in plek val. Hierdie idee kan veroorsaak dat hulle gefrustreerd raak wanneer dinge nie vinnig of maklik gebeur nie. Sukses is nie net ʼn einddoel nie, maar eerder ʼn reis van aanhou leer en aanpas. Dit is hier waar Solidariteit se Jongwerkende-lidmaatskap ʼn waardevolle hulpbron is.
Solidariteit verstaan dat die oorgang van universiteit of skool na die werkplek nie altyd maklik is nie. Spanning oor die begin van jou loopbaan kan jou dikwels demotiveer wees, en jy kan selfs voel asof jy nie die nodige ondersteuning het nie. Dit is waar Solidariteit inkom. Solidariteit se Jongwerkende-lidmaatskap is ontwerp om die oorgang so naatloos as moontlik te maak, met die fokus op jou ontwikkeling, nie net as ʼn werknemer nie, maar as ʼn persoon wat wil groei. Volgens Marike Burger, koördineerder by Solidariteit se Jongwerkende-lidmaatskap-afdeling, help Solidariteit jou om jou eerste werk te benader met die regte gereedskap, kennis en selfvertroue.
Solidariteit help jongwerkendes onder andere om die onsekerhede van die werkplek aan te spreek. Dit mag wees dat jy nie weet hoe om jou CV op te stel of watter aspekte van jou diensooreenkoms jy in gedagte moet hou wanneer jy daardeur lees en dit oorweeg nie. Solidariteit bied nie net riglyne nie, maar wys jou ook hoé om jou vaardighede aan te dui en jouself as ʼn ideale kandidaat te posisioneer. Hierdie lidmaatskap bied ook vir jou toegang tot werkwinkels en mentorskap, wat jou in staat stel om van kenners in jou veld te leer en ʼn netwerk te bou wat jou sal help om in jou loopbaan te groei.
Met die klem op voortgesette leer, ondersteun Solidariteit jongwerkendes om aan te hou ontwikkel. Burger beklemtoon die belangrikheid daarvan om nie net jou studie af te sluit en dan op te hou om te leer nie, maar om voortdurend jou vaardighede te verbeter. Dit is dikwels jongwerkendes wat hulle kennis by nuwe tendense aanpas wat bo ander in die werkplek uitstaan. Solidariteit bied toegang tot eksklusiewe geleenthede vir voortgesette leer, wat jou help om relevant en mededingend te bly.
Sukses gaan egter nie net oor vaardighede nie. Dit gaan ook oor persoonlike groei. Solidariteit help jou nie net met jou professionele ontwikkeling nie, maar ook met jou persoonlike groei. Van begrotingstegnieke tot belastingkennis en selfs mentorskap, help Solidariteit jongwerkendes om die nodige vaardighede aan te leer wat hulle nie net vir die werkplek voorberei nie, maar ook vir die lewe in sy geheel nuttig is.
Nog iets wat jongwerkendes dikwels misverstaan, is die waarde van netwerke. Dit is nie net wat jy weet nie, maar wie jy ken, wat jou kan help om vorentoe te beweeg. Solidariteit gee vir jongwerkendes toegang tot beroepsnetwerke en netwerkgeleenthede wat hulle kan help om die nodige kontakte te maak om sodoende hulle loopbaan te kan bevorder.
Deur Solidariteit se Jongwerkende-lidmaatskap kan jong werkers nie net hulle loopbaanpad begin nie, maar hulle kan ook ʼn volhoubare en suksesvolle loopbaan bou. Solidariteit bied die hulp en ondersteuning wat nodig is om te verseker dat die oorgang van studie na die werkplek nie net makliker is nie, maar dat dit die grondslag lê vir ʼn suksesvolle en bevredigende loopbaan.
Sluit aan by Solidariteit, jou grootste aanlyn Afrikaanse gemeenskap, waar jy al hierdie voordele kan ontsluit. Ons bou hier aan ʼn vry, veilige en voorspoedige toekoms sodat jy suksesvol kan wees in jou taal en land.