loading
Artikels
1 dag gelede
wat-jou-kind-se-rapport-nie-vir-jou-se-nie

Foto Krediet: OkayDeer

Wat jou kind se rapport nié vir jou sê nie

Deur Liza Joubert

Wanneer die gesprek oor jou kind se toekoms begin om te draai, is daar dikwels een vraag wat eerste opkom: “Hoe lyk jou punte?” Maar net so belangrik soos die syfers op ʼn rapport, is die mens agter daardie punte. Die jong individu met unieke eienskappe, passies en talente wat nie altyd in ʼn eksamen getoets kan word nie.

Dit is maklik om vas te kyk in die wêreld van prestasie en akademiese druk, maar die waarheid is: nie elke kind is bestem om ʼn mediese dokter of ingenieur te word nie. En dit is nie net oukei nie — dit is nodig. Die wêreld het ook passievolle onderwysers, begaafde ambagsmanne, kreatiewe entrepreneurs en lojale verpleegkundiges nodig. Elke beroep begin met ʼn mens wat sy of haar unieke vaardighede en belangstellings verstaan het, en dit in iets sinvol omskep het.

Let op die eienskappe wat nie op ʼn rapport staan nie

Jou kind se vermoë om konflik te hanteer, empatie te toon, nuuskierig te wees, kreatief te dink of dinge prakties te benader is nie net waardevol in die lewe nie, maar ook in die wêreld van werk. ʼn Kind wat altyd iets wil uitpluis of wat vriende help met hulle probleme, wys dalk potensiaal vir ʼn loopbaan in tegnologie of berading.

Gebruik hulpmiddels wat help ontdek

Solidariteit se belangstellingsbepaler en My Hoërskoolpad is spesiaal ontwerp om ouers en kinders saam op ʼn ontdekkingsreis te neem. Dié hulpmiddels help jou om saam met jou kind uit te vind:

  • • watter tipe beroepe by hul belangstellings pas;
  • • watter eienskappe en vaardighede uitgelig moet word; en
  • • hoe vakkeuses en ontwikkelingsgeleenthede aangepas kan word volgens hulle drome én realiteit.

Fokus op die groter prentjie

As ouer kan jy help om die gesprek te verskuif van net punte na potensiaal. Vra vrae soos:

  • • Wat maak jou opgewonde en wat vind jy interessant?
  • • Watter aktiwiteite laat die tyd verbyvlieg?
  • • Wat doen jy graag, selfs sonder dat iemand jou vra?

Hierdie antwoorde gee dikwels meer inligting oor ʼn moontlike loopbaanrigting as ʼn A-simbool op ʼn rapport.

Jou kind se roeping, nie net ʼn beroep nie

Wanneer jy jou kind help om hulle eie stem te vind, eerder as om hulle in ’n voorafbepaalde rigting in te dwing, bou jy selfvertroue en toekomsgerigte denke. Dit gaan nie net oor ʼn werk nie — dit handel oor ʼn roeping wat hulle met oorgawe kan uitleef.

Van belangstellingstoetse tot praktiese leergeleenthede en hulpbronne wat regtig ʼn verskil maak – jy gaan wens dat jy vroeër hiervan geweet het! Solidariteit se Skoliere-aanbod is gratis vir almal, want ons weet ons kinders is ons toekoms en ons wil hulle bemagtig vir sukses. Klik hier en skep jou kind se gratis profiel op Solidariteit!

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel