
Foto Krediet: OkayDeer
Gekopieër
Werksgeleenthede vír die gemeenskap vanúít die gemeenskap
Deur Lize-Mari Verster
In ‘n land waar werksgeleenthede skaars is en die voldoening aan die staat se rassekriteria uitdagend kan wees, bied Solidariteit ‘n alternatief deur aan elkeen wat wil werk die geleentheid te bied om sonder staatlike inmenging werk te soek en vir werk aansoek te doen. Solidariteit se werkfasiliteringsplatform is geskep sodat werksgeleenthede deur die gemeenskap en vir die gemeenskap geplaas kan word.
Ons as ’n gemeenskap moet mekaar help om werk te kry en ons moet mekaar se vaardighede benut. Dit is tyd dat die gemeenskap mekaar grootskaals in diens neem. As rassewette ons uitskop, dan skop die gemeenskap in. Ons glo meriete moet vir aanstellings geld. Die mees geskikte mense beteken die beste produktiwiteit wat die beste vir die maatskappy sal wees en vir almal in die land die meeste sal beteken.
Solidariteit se werkfasiliteringsplatform funksioneer as ‘n betroubare en veilige ruimte waar lede van die Afrikaner-kultuurgemeenskap werksgeleenthede kan vind wat by hulle spesifieke behoeftes pas. Ons is toegewyd daaraan om ‘n ondersteunende gemeenskap te skep wat werkgewers en werksoekers bymekaarbring, wat bydra tot ‘n vry, veilige en voorspoedige gemeenskap.
Die platform bied ook ʼn wye verskeidenheid werkkategorieë wat volgens die unieke behoeftes van ons gemeenskap aangepas is. Hierdie kategorieë sluit in vakansiewerk, skaduwerk, tydelike werk, voltydse werk, internskappe en klerkskappe.
Hoe soek ek werksgeleenthede en hoe doen ek aansoek?
Registreer en bou jou profiel op Solidariteit se werkfasiliteringsplatform om deel te word van die grootste Afrikaanse aanlyn werkgemeenskap.
Skep jou profiel, vul jou inligting in, en bou jou digitale CV met ons slim CV-bouer.
Laai dan jou CV op, besigtig beskikbare poste, en doen aansoek vir die pos van jou drome.
Dit is boonop heeltemal gratis! Klik hier.
Solidariteit se hart is en was nog altyd werk! Daarom is dit vir ons belangrik om Afrikaners wat wíl werk te help om góéd te kan werk en om hulle volle potensiaal te bereik. Terwyl jy op werk soek of op jou werkaansoeke fokus, help ons jou terselfdertyd om jou kennis en vaardighede uit te brei. Solidariteit bied soveel meer as net werksoekhulp – hier kan jy aanlyn kursusse voltooi, met ander mense in jou beroepnetwerk, jou CV opstel en soveel meer voordele benut as waarvan jy bewus was. #RaakTuis by Solidariteit, klik hier.