loading
Artikels
1 jaar gelede
wie-is-solidariteit

Foto Krediet: Okay Deer

Wie is Solidariteit?

Die Solidariteit soos ons dit nou ken, kom van ver en het op 22 Junie 1902 ontstaan toe die Transvaal Miners’ Association gestig is. Met 120 jaar se ervaring in die Suid-Afrikaanse arbeidsmark op sy kerfstok is Solidariteit selfs ouer as die regerende party, die ANC.

Solidariteit fokus reeds sedert 1902 op werk. Ons bestaansdoel is nie om ʼn tradisionele vakbond te wees nie, maar om sorg te dra dat mense góéd kan werk en hul volle potensiaal kan bereik.

Alhoewel Solidariteit ʼn unieke karakter het, deel hy sy kernidees met die instellings van die groter Solidariteit Beweging. Lees meer oor Solidariteit 

Wat die werkplek betref, is Solidariteit se roeping spesifiek om mense te help om goed te kan werk en om hul volle potensiaal te kan bereik.

Solidariteit se optrede word eerstens gerig deur sy Christelike waardestelsel . Solidariteit se denkraamwerk kan soos volg beskryf word:

Christelik

  • Solidariteit glo dat vryheid in Christus is.
  • Dit vul ons met dankbaarheid dat ons sy Koninkryk wil bou. Om sy Koninkryk te bou, kry elkeen ʼn eie unieke opdrag of roeping.
  • Ons streef elkeen as indiwidu en almal saam daarna om ons onderskeie roepings met vreugde uit te voer.
  • Ons kry ons krag uit God wat ʼn toekomsbelofte aan ons gee daar waar Hy elkeen van ons roep.

Konserwatief

  • Die konserwatiewe idee wil dít wat mooi is, bewaar en daarop bou. Ons kan bewaar deur te bou en te groei.
  • Soos Paul Kruger, wat sosiaal-konserwatief was, gesê het: “Neem uit die verlede wat goed en mooi is en bou daarop die toekoms.” Dit beteken gesonde gesinne en gesonde waardes.
  • Ons konserwatiewe idee behels nie konserwatisme wat in bewaar, bêre en isoleer glo nie.

Westerse ideeraamwerk

  • Die Solidariteit Beweging glo aan privaat eienaarskap, orde, ʼn doeltreffende maar klein staat, en die verdeling van magte.

Die vrye mark

  • Ons glo aan ʼn vrye mark en meer ekonomie waardeur meer werk geskep word.
  • Sentralisering en sentrale beplanning moet teengestaan word.
  • Rolspelers in die mark moet in balans wees.
  • Solidariteit is soms teen bestuur, maar nooit teen besigheid nie.

Wat is die vrye mark? Lees hier.

Federalisties

  • Solidariteit is ʼn voorstander van die gedagte van minder sentrale staat en van meer gemeenskap wat self bestuur.
  • Solidariteit glo aan besluitneming op die laagste vlak.
  • Die krag van die gemeenskap moet sterker wees as die mag van die staat.
  • Bevolkingskonsentrasie word benodig sodat ʼn gemeenskap homself kan bestuur.

Lees meer hier oor gemeenskapsfederalisme.

Gemeenskap

  • Solidariteit glo aan die krag van die gemeenskap en die gemeenskap van gemeenskappe.
  • Gemeenskappe staan in verhoudinge met mekaar.
  • ʼn Gemeenskap funksioneer deur sy instellings.
  • Hoe meer selfstandig, hoe vryer is die gemeenskap.

Kultuur

  • Kultuur strek veel wyer as bloot kulturele gewoontes. Dit sluit maniere van werk en dink in.
  • Solidariteit tree in vir die Afrikaanse taalgemeenskap en vir die Afrikanerkultuurgemeenskap.
  • Die Grondwet skep ruimte vir taal- en kultuurgemeenskappe en instellings.

Werk

  • Solidariteit leef om te werk en om vir ander se werk te werk.
  • Alle werk is edel.
  • Ons glo nie in ʼn klassestelsel nie, maar in elke mens se unieke gawe.
  • Solidariteit wil hê dat almal goed moet kan werk en hul volle potensiaal bereik.
  • Die manier om dit te bereik, is deur ʼn omvattende netwerk van werk te skep.
  • Opleiding is noodsaaklik om volle potensiaal te bereik.

Lees meer hier oor die Solidariteit Netwerk van werk.

Solidariteit streef daarna dat sy gemeenskap vry, veilig en voorspoedig moet wees.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel