loading
Artikels
1 jaar gelede
ambagslui-bly-een-tree-voor-in-jou-loopbaan

Foto Krediet: OkayDeer

Ambagslui: Bly een tree voor in jou loopbaan

Deur René Brown

Deur Soliariteit se leer-aanbod kan jy jouself bemagtig met vaardighede wat jou loopbaan in die ambagte tot sy volle potensiaal kan laat groei. Hierdie kursusse is deur kenners en kundiges in hulle onderskeie velde ontwikkel en is gratis beskikbaar aan Solidariteit-lede!

Entrepreneurskap vir die ambagsman

Omskep jou droom om jou eie onderneming te begin, in ʼn plan van aksie. Hierdie kursus handel oor kritieke konsepte wat verstaan moet word en vaardighede wat bemeester moet word wanneer dit by die begin en bestuur van ʼn suksesvolle onderneming kom. Van die onderwerpe wat gedek word, is die ontleding van markgeleenthede, die ontwikkeling van ʼn sakeplan, finansiële bestuur asook bemarkingstrategieë.  Duur van kursus: 12 weke.

Regsaspekte vir ambagslui

Weet jy wat jou regte in die werkplek is ingevolge die arbeidswetgewing? Om uitbuiting of viktimisasie te voorkom, is dit vir enige werknemer van kardinale belang om te verstaan waarop hulle in die werkplek geregtig is. Daarom bied hierdie kursus algemene inligting oor alles, van dissiplinêre aksies tot wetgewing rakende verskillende tipes verlof. Hierdie kursus word tesame met “Entrepreneurskap vir die ambagsman” aanbeveel vir ambagslui wat dit oorweeg om hul eie onderneming te begin. Net soos wat dit tot jou voordeel is om jou regte as ʼn werknemer te verstaan, is dit van kritieke belang om as ʼn werkgewer die regte van jou werknemers te verstaan wanneer jy jou eie onderneming begin.  Duur van kursus: een dag.

Inleiding tot projekbestuur

Die vermoë om ʼn suksesvolle projek te bestuur, is ʼn waardevolle vaardigheid vir enige ambag. Die verantwoordelikheid is groot, en so ook die potensiële finansiële implikasies vir ʼn onderneming. Daarom dek hierdie kursus die grondbeginsels van projekbestuur om te verseker jy is toegerus met die praktiese vaardighede wat die rol vereis, asook dat jy oor die kennis beskik om jou span se produktiwiteit te optimaliseer. Duur van kursus: twee weke.

Skep jou Solidariteit-profiel vandag om toegang tot die leerportaal te kry!

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel