Foto Krediet: OkayDeer
Gekopieër
Gratis vir Solidariteit-lede: 3 kort kursusse wat jou onderneming na die volgende vlak kan neem
Wanneer jy ʼn entrepreneur of sake-eienaar is, is die druk om ʼn sukses daarvan te maak uit die aard van die saak baie hoog. Daar is groot finansiële- en tydsbeleggings ter sprake, dit mag dalk jou enigste bron van inkomste wees, en daar is werknemers wat op jou staatmaak vir ʼn inkomste.
Om die bestuur van ʼn onderneming te bemeester, verg baie kennis en hope ervaring. Die goeie nuus is dat daar gratis hulpbronne beskikbaar is vir Solidariteit-lede wat sake-eienaars kan help om hul vaardighede op te skerp. Neem jou kennis van besigheidsbestuur na die volgende vlak met hierdie drie voortgesette leer-kursusse, saamgestel deur kundiges in hulle onderskeie velde:
Finansiële bestuur van my onderneming
E-leerkursus (4 weke)
Die bestuur van jou onderneming se finansies is ʼn kritiese aspek tot die sukses daarvan. In hierdie kursus word die algemene finansiële bestuur van klein- na medium- sakeondernemings bespreek. Daar word ook onder andere gekyk na verskillende finansieringsmoontlikhede tot boekhouding, begrotings en belasting.
Topwenke vir sosialemediagebruik
Webinaar (1uur)
Die meeste van ons besoek daagliks ʼn sosialemediaplatform en dit vorm ʼn integrale deel van maatskappye se bemarkingstrategieë. Hierdie kursus is saamgestel om jou leiding te gee oor hoe jy sosialemediaplatforms tot jou onderneming se voordeel kan gebruik.
Kommunikasie wat nuwe markte ontsluit
Webinaar (1uur)
Weet jy in watter rigting jou onderneming beweeg? Wanneer jy oor daardie vraag nadink, besef jy hoe belangrik dié kommunikasie-element waarlik is. Deur hierdie vraag te antwoord, kan jy nuwe markte en geleenthede vir jou onderneming ontgin. Die kommunikasiespesialis, GP van Rheede van Oudtshoorn, verduidelik wat jy kan doen om nuwe markte te identifiseer en betree.
Deur ʼn ingesteldheid vir lewenslange leer aan te neem, kan jy die kuns van besigheidsbestuur vervolmaak. Verder verseker dit ook dat jy op datum bly met ʼn ewig-veranderende omgewing, sodat jy jou onderneming en werknemers deur enige uitdaging kan lei. Sluit vandag nog by Solidariteit aan om toegang tot ons voortgesette leer-aanbod te kry.