loading
avatar
Artikels
12 uur gelede
hoe-om-elke-jaar-n-nuwe-vaardigheid-sonder-skuld-aan-te-leer

Foto Krediet: OkayDeer

Hoe om elke jaar ʼn nuwe vaardigheid – sonder skuld – aan te leer

Deur Liza Joubert

In ʼn wêreld waar werksekerheid al hoe minder vanselfsprekend is, is daar een strategie wat jou altyd aan die voorpunt plaas: voortdurende selfontwikkeling. Om elke jaar ten minste een nuwe vaardigheid aan te leer, kan die verskil beteken tussen stagneer of groei – of jy nou ʼn jong werkende is, of al jare in jou beroep staan.

Die goeie nuus? Jy hoef nie skuld aan te gaan of duur kwalifikasies te finansier om dit reg te kry nie. Solidariteit bied nagenoeg 150 aanlyn leerkursusse – bekostigbaar en toeganklik – wat jou kan help om relevant te bly en jou loopbaan verder uit te bou. Lede van Solidariteit kan ook hierdie kursusse gratis voltooi – klik hier om meer te leer oor wat ʼn Solidariteit-lidmaatskap alles vir jou kan bied!

Waarom dit belangrik is:

  • Werksekerheid: Werkgewers soek mense wat aanpasbaar is en vinnig nuwe vaardighede kan aanleer.
  • Loopbaangroei: ʼn Nuwe vaardigheid kan jou die hupstoot gee wat jy nodig het om bevorder te word of ʼn nuwe rigting in te slaan.
  • Selfvertroue: Om jou eie ontwikkeling in jou hande te neem, gee jou beheer oor jou toekoms.

Sagte vaardighede:

  • • Effektiewe kommunikasie
  • • Konflikhantering
  • • Spanwerk en leierskap
  • • Kritiese denke en probleemoplossing

Kursusse soos Gevorderde Konflikbestuur en Leierskap en Bestuur is ideaal om jou mensgerigte vaardighede te versterk.

Verkoops- en bemarkingsvaardighede:

  • • Verkoopstegnieke
  • • Kliënteverhoudinge bou
  • • Digitale bemarking

Kursusse soos Kliëntediensuitnemendheid en die Bemarking Sonder Brieke-reeks kan jou voorberei vir groei in enige bedryf waar verkope en kliëntebelangrik is.

Persoongefokusde kursusse:

  • • Tydsbestuur
  • • Emosionele intelligensie
  • • Kommunikasie in die werkplek

Kursusse soos Tydsbestuur en prioritisering, Emosionele intelligensie, en Mentorskapopleiding help jou om beter saam met mense en spanstrukture te werk.

Hoe om dit prakties te doen

  1. 1. Kies elke jaar een kursus wat jou gaan help waar jy tans is, of jou voorberei vir waar jy wil wees.
  2. 2. Beplan ʼn tydlyn: Skeduleer jou kursus soos jy sou met ’n afspraak – dit is ʼn  belegging in jou toekoms.
  3. 3. Pas dit toe: Gebruik jou nuwe vaardigheid onmiddellik in jou werk of persoonlike lewe.

Begin jou pad na selfontwikkeling vandag. Besoek Solidariteit hier, skep jou profiel en kies die kursus waarmee jy jou vaardighede uit wil bou en dokumenteer. Lede van Solidariteit geniet gratis toegang tot hierdie aanlyn kursusse! Jou loopbaan groei saam met jou vaardighede – een stap, een kursus, een jaar op ʼn slag. Sluit vandag nog aan en begin jou volgende kursus.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel