
Foto Krediet: OkayDeer
Gekopieër
Kandidaatprokureurs, soek hiér vir poste
Deur Ané Janse van Rensburg
In die regsprofessie is daar ʼn wêreld van geleenthede wat op kandidaatprokureurs wag wat hul loopbaan wil begin. Solidariteit bied ʼn unieke geleentheid vir hierdie individue om hul vaardighede te ontwikkel en hul loopbaan na nuwe hoogtes te neem.
“Ons werk hard daaraan om na ʼn wye verskeidenheid firmas uit te reik en hulle te oorreed om vakante poste op Solidariteit te plaas en om só werkgeleenthede aan werksoekers beskikbaar te stel. Ons bring dus firmas en kandidate bymekaar,” sê Émil Glas, netwerkorganiseerder van die Solidariteit Regsnetwerk.
Kandidaatprokureurs kan met net ʼn paar klikke vir werk aansoek doen. As jy reeds ʼn lid van Solidariteit is, kan jy jou profiel aan jou lidmaatskap koppel. Die profiel wat jy op Solidariteit registreer, word dan gebruik om vir jou ʼn CV te skep wat enige werknemer se aandag sal trek. Wanneer jy jou CV aflaai, navigeer na die kieslys aan die linkerkant van die skerm. Klik op “Werk” en dan op “Soek ʼn pos”. Klik hier om ʼn video te kyk oor hoe jy op Solidariteit vir werksgeleenthede kan soek.
Solidariteit bied ʼn omgewing wat gelyke geleenthede vir alle individue verseker. Daarbenewens kan kandidate staatmaak op die ondersteuning en hulpbronne wat deur Solidariteit beskikbaar gestel word om te verseker dat hulle aansoekproses vir werk by regsfirmas suksesvol is. Lees hier meer oor hoe Solidariteit jou in jou werksoektog ondersteun.
Danksy beroepspesifieke netwerkgeleenthede, ʼn slypskool wat jou praktykgereed maak en vele ander kursusse vir voortgesette leer wat jou in jou loopbaan bemagtig, kan jy bo die ander kandidate uitstaan.
Die geleentheid om vir werk by regsfirmas op Solidariteit aansoek te doen, bied vir kandidate met ʼn passie vir die regsprofessie en wat ʼn suksesvolle loopbaan as prokureur wil volg, ʼn pad na sukses en vervulling. Met toegang tot netwerkgeleenthede, groeigeleenthede en die ondersteuning van ʼn veerkragtige beroepsnetwerk is daar geen tekort aan redes waarom kandidate hierdie roete van loopbaanontwikkeling moet oorweeg nie.
Registreer vandag nog jou gratis profiel op Solidariteit aan en ontsluit ‘n wêreld van geleenthede.