
Foto Krediet: Pexels; Mikhail Nilov
Gekopieër
Kuberkraking: ʼn Groeiende bedreiging vir die finansiële sektor
Deur Reon Janse van Rensburg
In ʼn wêreld wat al hoe meer van digitale tegnologie afhanklik is, is kuberkraking ʼn groeiende bedreiging vir Suid-Afrika se finansiële sektor. Om hierdie gevaar te bekamp, bied Solidariteit in samewerking met prof. Danny Myburgh, die besturende direkteur van Cyanre en ʼn kenner op die gebied van kuberveiligheid, ʼn webinaar aan wat op die voorkoming van kuberkraking in Suid-Afrika gefokus is.
Prof. Danny Myburgh het ʼn indrukwekkende loopbaan wat samewerking met internasionale agentskappe soos die Amerikaanse Federale Speurdiens (FBI) en Internasionale Misdaad-polisieorganisasie (Interpol) insluit. Hy het ook ʼn sleutelrol gespeel in die ontwikkeling van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se kubermisdaad-eenheid. Sy ervaring en kundigheid maak hom die ideale persoon om deelnemers in te lig oor die realiteit van kuberkraking en die risiko’s wat dit vir ons finansiële stelsels inhou.
Tydens hierdie webinaar bespreek prof. Danny die omvang en werklikheid van kuberkraking in Suid-Afrika. Hy ontleed nie net die statistieke en tendense nie, maar delf ook in op die impak van kuberkraking, wat onmiskenbaar ʼn groot invloed op ons ekonomie het. Deelnemers sal waardevolle insigte ontvang oor hoe hulle hul databasis teen die groeiende bedreiging van kuberkrakers kan versterk en beskerm.
Vir professionele persone werksaam in die finansiële sektor, werk jy daagliks met vertroulike inligting van kliënte se finansies en het jy toegang tot mense en ondernemings se sensitiewe inligting. Dit is dus jou plig om jou kennis van kuberkraking op te skerp, om sodoende te verseker dat jou kliënte veilige dienste ontvang en met gemoedsrus van jou dienste gebruik kan maak.
Benewens die beskerming van data, deel prof. Danny ook praktiese wenke oor hoe om lokvalle te vermy. Hierdie inligting is nie net nuttig vir professionele persone in die finansiële sektor nie, maar vir enigiemand wat verseker dat hul persoonlike inligting veilig is. In ʼn tyd waar inligting die nuwe goud is, is dit noodsaaklik om proaktief op te tree om die veiligheid van jou data te waarborg.
Hierdie kursus bied ʼn unieke geleentheid om dieper in die wêreld van kuberveiligheid te delf en ʼn groter bewustheid van die risiko’s te skep. Met die toename van kuberkraking in Suid-Afrika, is dit belangrik om voorbereid te wees en die nodige stappe te neem om jou data te beskerm. Deelnemers kan waardevolle kennis en vaardighede opdoen wat hulle in staat sal stel om hul persoonlike en professionele data beter te beveilig.
Moedig jouself aan om hierdie webinaar te kyk en jou kennis oor kuberkraking te verhoog. Deur by ʼn toonaangewende kenner soos prof. Danny Myburgh te leer, kan jy nie net jou eie veiligheid verbeter nie, maar ook ʼn positiewe bydrae lewer tot die beveiliging van ons finansiële sektor as geheel.
Klik hier vir meer inligting oor die webinaar en hoe om daarvoor in te skryf.
Die Solidariteit Finansiesnetwerk is ʼn gemeenskap wat daarop toegespits is om professionele persone wat dienste in die finansiële bedryf aanbied met mekaar in kontak te bring, om jong mense ʼn kans op ʼn loopbaan in die beroep te gee en om die waghond te wees wat brandpunte in die beroep met werkbare oplossings takel.
Die Solidariteit Finansiesnetwerk wil studente bemagtig en hulle op die pad na die praktyk by te staan, asook om die beroep vir voornemende praktisyns te beskerm. Ons nooi jou uit om deel van hierdie opwindende beweging te wees en saam met ons te werk aan ʼn vrye, veilige en voorspoedige toekoms. Klik hier om vandag nog by Solidariteit aan te sluit of klik hier vir meer inligting oor hierdie beroepsnetwerk.