
Foto Krediet: OkayDeer
Gekopieër
Leer jou toekoms oop!
Deur Marné Pienaar
Jy is nooit te oud om iets nuuts te leer nie – ja, selfs van ʼn rekenaarprogram wat jy dínk jy goed ken en kan gebruik. Ken jy regtig jou Microsoft Word-program van voor tot agter? Is jy een van daardie mense wat eerder tabelle in Word skep omdat Excel vir jou te ingewikkeld is?
Jy kan danksy Solidariteit se kortkursusse al die Microsoft Office-programme wat jy daagliks gebruik, bemeester.
Solidariteit bied vier Microsoft-kursusse aan wat jou vaardighede na die volgende vlak sal voer. Ons reeks Microsoft-kursusse sluit in (klik op elkeen om meer uit te vind oor die kursus):
- 1. Microsoft Excel: Basies tot gevorderd
- 2. Microsoft PowerPoint
- 3. Microsoft Word
- 4. Outlook-produktiwiteit
Wie sal by hierdie kursusse baat?
Hierdie kursusse is omvattend en bied deeglike kennis oor die Microsoft-programme vir alledaagse take, asook vir die meer ingewikkelde take wat byvoorbeeld in Excel gedoen word.
Elke werknemer moet oor die vaardighede beskik om hierdie programme te kan gebruik. Of jy ʼn kantoorpraktisyn of ʼn ingenieur is, jy sal waarskynlik met Outlook, Word, Excel of met PowerPoint in die werkplek te doen kry en dit moet gebruik.
Doen jou toekomstige self ʼn guns en begin vandag meer leer oor wat Microsoft jou bied!
Redes waarom jy hierdie kursusse moet aanpak
1. Dit verbeter jou produktiwiteit
Deur hierdie kursusse leer jy hoe om jou alledaagse take vinniger af te handel deur kortpaaie te gebruik en deeglike kennis van die onderskeie funksies te hê.
2. Moontlikheid van beter loopbaangeleenthede
Vaardighede in Microsoft Office-produkte is ʼn vereiste vir byna alle poste. Wanneer jy jouself bemagtig met hierdie kennis, verhoog jy jou mededingendheid met ander kandidate wat vir dieselfde poste as jy aansoek gedoen het.
3. Dit verhoog die gehalte van jou werk
Glo dit of nie, die gehalte van jou werk sal ook drasties toeneem. Jy sal oor die nodige vaardighede beskik om professionele dokumente op te stel, tabelle gebruikersvriendelik op te stel en selfs ingewikkelde sigblaaie in Excel saam te stel.
4. Tegnologiese vaardighede
Microsoft Office-produkte ontwikkel deurentyd en nuwe funksionaliteite word dikwels bygevoeg om produktiwiteit te verhoog. As jy hierdie programme kan navigeer, is jy tot soveel meer in staat op jou rekenaar. Dit verhoog ook jou aanpasbaarheid by enige werkomgewing, veral in die era van tegnologiese vooruitgang. Het jy geweet dat ChatGPT, die generatiewe kunsmatige intelligensie wat die wêreld laat gons, vir jou formules kan help skryf? Trotseer die tegnologiese era met selfvertroue!
5. Dit is gratis vir Solidariteit-lede!
Voortgesette leer is al manier hoe jy aan die voorpunt van jou loopbaan kan bly. Leer en werk vir jouself en jou gesin ʼn toekoms oop! Hierdie Microsoft-kursusse is bekostigbaar (R500 elk), maar Solidariteit-lede het gratis toegang tot al Solidariteit se aanlyn kursusse, wat tans meer as 100 kursusse vir verskeie beroepe en in algemene vaardighede insluit. Lees meer oor voortgesette leer.
Solidariteit glo dat elkeen wat wíl werk, moet kán werk. Elkeen van ons is op hierdie aarde geplaas met ʼn doel, en jy moet jou volle potensiaal bereik.
Skep jou gratis profiel op Solidariteit, jou eenstop-platform vir werk en leer. Die toekoms is joune – gryp dit aan!