loading
Artikels
8 maande gelede
solidariteit-jou-tuiste-waar-jy-poste-kan-plaas

Foto Krediet: OkayDeer

Solidariteit: Jou tuiste waar jy poste kan plaas!

Deur Maryna Eksteen

Solidariteit se hart klop reeds sedert 1902 vir werk. Ons bestaansdoel is dat mense goed kan werk en hulle volle potensiaal kan bereik, en dit alles in Afrikaans! Solidariteit glo dat elkeen wat wíl werk, moet kán werk. Daarom het Solidariteit sy aanbod uitgebrei om ʼn netwerk van werk te wees.

Solidariteit se werkfasiliteringaanbod vervul nie die rol van ʼn werwingsagentskap nie, maar bied eerder ʼn plek waar werksoekers en werkgewers mekaar kan ontmoet. Dit ondersteun Solidariteit se helpmekaar-filosofie, met die doel om gemeenskappe te bevorder en te versterk. Werkfasilitering vir die gemeenskap vanuit die gemeenskap – alles in Afrikaans!

Dit maak nie saak of jy ʼn ambagsman, onderwyser of regsgeleerde is nie, #JyHoortHier! Daarom is Solidariteit se aanlyn gemeenskap soveel meer as net ʼn gewone webtuiste; dit is ʼn plek waar jy en jou gesin kan tuis voel. Klik hier om meer te lees.

Daar het al reeds meer as 2 300 werkgewers en sakeondernemings hulself bemark en poste op Solidariteit geadverteer. Met meer  as nagenoeg  78 000 gebruikers is daar ʼn reusagtige potensiële mark van aansoekers wat vir hierdie geadverteerde poste aansoek kan doen. Daar is elke dag ʼn gemiddeld van 500 poste waarvoor ʼn werksoeker aansoek kan doen. Sedert September 2023 is daar reeds 6 500 poste geadverteer en meer as 500 poste is per maand beskikbaar. Binne een jaar het Solidariteit se platform die gemiddelde aantal besoeke en gebruiksyfers van Werknet laat verdriedubbel. Sedert die loodsing is daar ook 15 000 aansoeke gedoen vir werk.

 ʼn Vraag waarmee ons dikwels gekonfronteer word rakende die toekoms, en veral die toekoms van jong Afrikaanse mense wat op die drempel staan om hul loopbane te betree, is: “Gaan daar nog ʼn toekoms wees as dinge nou reeds so gaan?” Dit is ʼn gewigtige vraag en ook ʼn vraag wat nie sommer net met ʼn “ja” of ʼn “nee” beantwoord kan word nie.

Solidariteit se strategie is daarop gemik om ʼn toekoms vir ons kinders te bou waar hulle hier aan die suidpunt van Afrika vry, veilig en voorspoedig kan leef. Afrikaners se geskiedenis word gekenmerk deur kontraste: wanhoop en hoop; verwoesting en opbou; swaarkry en seëvier. #OnsBou dus saam aan instellings en #OnsBou saam aan ʼn toekoms;klik hier om meer te lees.

Raak betrokke by Solidariteit sodat jy toegang kry tot alles wat met jou werk te make het. Ons stap die totale loopbaanpad saam met jou. Solidariteit help jou regdeur jou hoërskoolloopbaan om die regte keuses te maak om eendag goed te kan werk. Alles oor belangstellings, vakkeuses, beroepskeuses, studiekeuses en nog meer is op Solidariteit beskikbaar. Die doel van Solidariteit is nie net goeie werk nie, maar om mense te help om hulle volle potensiaal te bereik. Voortgesette leer hou jou aan die voorpunt van kennis en dit help jou om jou volle potensiaal te bereik.

Die krag van Solidariteit se netwerk van werk lê in “mekaar” deurdat lede van dié gemeenskap mekaar op groot skaal in diens kan neem. Op Solidariteit kan jy jou CV oplaai en as ʼn werkgewer kan jy die vaardighede wat jy benodig, hier verwerf.

Hierdie aanlyn werkgemeenskap is enig in sy soort! Klik hier en skep sommer vandag nog jou gratis profiel. Waarvoor wag jy? #JyHoortHier!

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel