loading
Artikels
1 week gelede
solidariteit-se-aanbod-vir-voortgesette-leer-groei-van-krag-tot-krag

Foto Krediet: OkayDeer

LEER: Sowat 150 kraakvars kursusse nou tot jou beskikking

Deur Marné Pienaar

Solidariteit glo elkeen wat wíl werk, moet kán werk.

In ʼn land waar werksgeleenthede dikwels op grond van ras toegeken word, verstaan Solidariteit die nood om jouself bo jou mededingers te laat uitstaan. Daarom het Solidariteit sy voortgesette leer-aanbod uitgebou.

ʼn Jaar gelede het ons leer-aanbod met 60 kursusse begin. Vandag spog Solidariteit sowat 150 kraakvars, beroepspesifieke leerkursusse wat jou in jou beroep bemagtig. Of jy ʼn kandidaatprokureur is wat praktykgereed wil wees en of jy ʼn onderwyser is wat wil leer oor brandbestryding of die bestuur van sosiale media – daar is iets vir jou! Klik hier vir ʼn volledige lys van die kursusse wat jy kan volg.  

“Om bloot goed te kan werk is nie goed genoeg nie. Ons stel lede in staat om hulle volle potensiaal te bereik. Dit moet egter al op skoolvlak begin wanneer die regte vakke en beroepsrigtings en studiegeleenthede gekies word. Elkeen wat wil studeer, moet kan studeer en ook kan kies waar om te studeer. Ons help ons lede deur voortgesette leer om altyd aan die voorpunt van hulle beroep te wees,” – Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit.  

Lede van Solidariteit het gratis toegang tot die meeste van hierdie aanlyn kursusse. Jy kan dit in die gemak van jou huis of kantoor voltooi. Die kursusse bied nie net ‘n teoretiese grondslag nie, maar gee ook die nodige kennis om dit in jou werk te kan toepas.  

Ons aanbod vir voortgesette leer groei van krag tot krag met splinternuwe kursusse wat deurlopend bekendgestel word. Onder andere het Solidariteit onlangs ʼn fotografie-kursus bekendgestel, asook ʼn praktiese kursus in slimfoonfotografie met talle meer wat reeds in die ontwikkel word. Gewilde kursusse waarby ieder en elk sal baat vind sluit in ons Microsoft-kursusse (Excel, PowerPoint, Word, Outlook), E-pos etiket, Emosionele Intelligensie en ʼn kursus in Basiese Instandhouding.

Bly aan die voorpunt van jou loopbaan. Solidariteit stap die pad saam met jou.

Klik hier om jou gratis profiel op Solidariteit te skep en neem jou toekoms in jou hande!

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel