Foto Krediet: OkayDeer
Gekopieër
Nagenoeg 150 kursusse tot jou beskikking op Solidariteit-aanlyn
Deur Marné Pienaar
Solidariteit glo elkeen wat wíl werk, moet kán werk.
In ʼn land waar werksgeleenthede dikwels op grond van ras toegeken word, verstaan Solidariteit die nood om jouself bo jou mededingers te laat uitstaan. Daarom het Solidariteit-aanlyn sy voortgesette leer-aanbod uitgebou.
Twee jaar gelede het ons met 60 kursusse begin. Vandag spog Solidariteit-aanlyn met sowat 150 kraakvars, beroepspesifieke leerkursusse wat jou in jou beroep bemagtig. Of jy ʼn kandidaatprokureur is wat praktykgereed wil wees en of jy ʼn onderwyser is wat wil leer oor onderwyserwelstand – daar is iets vir jou!
“Om bloot goed te kan werk is nie goed genoeg nie. Ons stel lede in staat om hulle volle potensiaal te bereik. Dit moet egter al op skoolvlak begin wanneer die regte vakke en beroepsrigtings en studiegeleenthede gekies word. Elkeen wat wil studeer, moet kan studeer en ook kan kies waar om te studeer. Ons help ons lede deur voortgesette leer om altyd aan die voorpunt van hulle beroep te wees.”
Só sê dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit.
Solidariteit-aanlyn groei van krag tot krag met splinternuwe kursusse wat deurlopend bekendgestel word. Voorbeelde van gewilde kursusse waarby ieder en elk sal baat vind, sluit in die Microsoft-kursusse (Excel, PowerPoint, Word, Outlook),E-pos etiket, Emosionele Intelligensie en ʼn kursus in Basiese Instandhouding. Dit is slegs om enkeles te noem! Klik hier om deur die lys kursusse te blaai en jou volgende kursus te kies.
Dit is belangrik om jouself voortdurend met nuwe kennis en vaadighede te bemagtig sodat jy jou volle potensiaal in die werkplek kan bereik. Daarom het Solidariteit-lede gratis toegang hierdie nagenoeg 150 aanlyn kursusse. Die kursusse bied nie net ʼn teoretiese grondslag nie, maar gee ook die nodige kennis om dit in jou werk te kan toepas. Die beste deel is dat jy dit in die gemak van jou eie huis voltooi.
Wat dit nog makliker maak, is dat Solidariteit-aanlyn ook nou in jou sak beskikbaar is. Jy kan die Solidariteit-app aflaai en enige kursus op enige plek op jou eie tyd voltooi. Klik hier om die app af te laai: Google Play Store of App Store.
Bly aan die voorpunt van jou loopbaan. Begin vandag nog! Bou aan ʼn toekoms waar jy nie net probeer bybly nie, maar werklik uitblink. Klik hier om jou gratis profiel op Solidariteit te skep en neem vandag nog jou toekoms in jou hande!