loading
Artikels
1 jaar gelede
solidariteit-se-platform-jou-kind-se-sleutel-na-sukses

Foto Krediet: Solidariteit

Solidariteit: Jou kind se sleutel na sukses

Deur Heléne Leonard

“Solidariteit is ʼn ondersteuningsnetwerk wat jong mense vergesel op hul opwindende reis na die wêreld van werk,” vertel Felicia Richardson, Solidariteit se Skoliere-aanbod spesialis.

Met ʼn groot teikenmark wat uit hoërskoolleerders, studente, jong werkendes en meesters bestaan, bied Solidariteit se platform daarom ook ʼn verskeidenheid waardevolle hulpbronne om hierdie groot groep te ondersteun.

Hier volg ʼn oorsig van die funksionaliteit wat Solidariteit vir leerders en studente bied:

1. ʼn CV-bouer

Solidariteit se aanlyn platform bied ʼn begeleide proses om ʼn professionele CV te skep wat jou kind sal help om in ʼn mededingende werksomgewing uit te staan. Met die CV-bouer kan jy en jou kind maklik en doeltreffend ʼn indrukwekkende CV opstel wat jou aansoek van dié van ander aansoekers sal onderskei.

2. Studieondersteuning

Solidariteit verstaan die finansiële las wat met jou kind se studie gepaard gaan. Daarom bied Solidariteit se aanlyn platform verwysingspunt na beurse en lenings wat jou kan help om hierdie las te verlig. “Ons glo dat elkeen die geleentheid moet hê om hul drome na te streef, en ons is hier om jou op hierdie reis te ondersteun,” sê Richardson. Lees meer hier.

3. Belangstellingsbepaler

Die besluit oor jou kind se toekomstige beroep is een van die belangrikste en uitdagendste besluite wat hy of sy op skool moet neem. Solidariteit se platform bied ʼn belangstellingsbepalervraelys aan wat leerders help om hul belangstellings te bepaal en dit bied ondersteuning in die vakkeuseproses. Danksy hierdie waardevolle hulpbron kan jou kind ʼn beter begrip ontwikkel van watter loopbaanrigtings sy of haar pas en hulle belangstelling daarin aanwakker.

4. Toegang tot die dienste van loopbaanvoorligters

Indien jou kind steeds onseker is oor sy of haar beroepsreis ná voltooiing van die belangstellingsbepalervraelys, bied Solidariteit se aanlyn platform geleentheid vir hulle om psigometriese toetse af te lê. Hierdie toetse, wat onder toesig van gekwalifiseerde loopbaanvoorligters plaasvind, bepaal jou kind se aanlegte, vaardighede en karaktereienskappe. Die resultate van hierdie toetse sal vir jou en jou kind ʼn beter idee gee van wie hy of sy is en watter loopbane vir hom of haar ontsluit kan word.

5. #Vakkeuse-video’s

Met soveel moontlikhede en onsekerhede wat bestaan, kan die vakkeuseproses oorweldigend wees. Solidariteit se platform het egter reeds namens jou die regte vrae hieroor gevra sodat jy dit nie hoef te doen nie. Ons bied ʼn reeks mikro-leer-video’s oor verskeie vakke wat jou kind sal help om ʼn goed ingeligte vakkeuse te maak. Danksy hierdie waardevolle hulpbron kan jou kind ʼn duidelike beeld vorm van wat die verskillende vakke behels en hoe die insig tot die verwesenliking van jou kind se drome kan bydra. Hierdie gehaltekursusse is net op Solidariteit se platform vir lede beskikbaar.

6. Skaduwerk

Deur ons werkfasiliteringsfunksionaliteit kry jou kind die geleentheid om skaduwerk te doen en met gemak praktiese ondervinding op te doen. Hierdie ervaring sal jou kind se CV verbeter en hom of haar ʼn voorsprong gee wanneer dit kom by aansoek doen vir toekomstige werkgeleenthede – wat ook op Solidariteit se platform beskikbaar is.

7. My Hoërskoolpad

My Hoërskoolpad is ʼn allesomvattende videoleer-hulpbron wat spesifiek op leerders in graad 8 tot graad 12 gemik is. Hierdie waardevolle hulpbron ondersteun jou kind gedurende sy of haar skoolloopbaan en berei hulle voor vir die volgende lewensfase. Solidariteit se platform bied ook selfdissipline-en tydbestuurkursusse as kardinale vaardighede vir sukses in enige skoolomgewing aan. My Hoërskoolpad bied ook leiding oor korrekte vakkeuses vir toekomstige studierigtings en dui die vereistes vir verdere studie aan. Hierdie inligting stel jou kind in staat om ingeligte besluite oor sy of haar studierigting en loopbaanpad te neem.

Solidariteit se splinternuwe platform is onder meer geskep omdat Solidariteit glo aan die potensiaal van jong mense wat graag wil leer en ook goed wil leer. Daarom help Solidariteit se platform jou kind om ʼn suksesvolle toekoms op te bou. Dit bied ʼn waardevolle netwerk van steunen hulpbronne wat jou kind sal ondersteun om sy of haar loopbaandoelwitte te bereik.

Laat jou kind sy eie toekoms in sy eie hande neem en sluit vandag nog aan by Solidariteit se Afrikaanse aanlyn platform. Saam kan ons ʼn soliede fondasie vir jou kind se toekoms bou! Klik hier en ontsluit jou kind se loopbaansukses.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel