loading
Artikels
10 maande gelede
vier-redes-waarom-jy-sukkel-om-werk-te-vind

Foto Krediet: OkayDeer

Vier redes waarom jy sukkel om werk te vind

Deur Maryna Eksteen

In Suid-Afrika kan die gemiddelde werksoektog tussen 3 en 12 maande neem as jy werkloos is, volgens die Departement van Indiensneming en Arbeid se mees onlangse data.

Hierdie tydraamwerk kan oor ʼn aansienlike langer tydperk strek as jy ʼn uitvoerende beampte is wat ʼn hoogs tegniese rol teiken of baie spesifieke werksoekvereistes het wat die aantal rolle wat jy oorweeg, beperk.

Volgens dr. Kyle Elliott, ʼn loopbaan- en onderhoudafrigter, is dit belangrik om te verstaan wat in jou werksoektog sukses behaal en wat dalk aangepas moet word indien jy vir ʼn aantal maande nie regkom met ʼn werkgeleentheid nie.

Solidariteit het gaan ondersoek instel om vas te stel wat die vier primêre areas is waar werksoekers vashaak wanneer hulle hul volgende geleentheid soek:

1. Jy is onseker oor jou volgende beroepskeuse

As jy gereeld vir poste aansoek doen en nie terugvoer kry oor ten minste 10% van die aansoeke wat jy indien nie, moet jy begin om jou werkteiken te hersien, want jou werksoekproses is waarskynlik heel in die beginstadium gebrekkig. Jou soektog sal oor die algemeen die suksesvolste wees as jy weet wat jy in jou volgende maatskappy en rol wil hê en dit duidelik aan ander kan kommunikeer.

2. Jou CV maak nie indruk nie

Nog ʼn algemene rede waarom jou soektog dalk langer neem as wat nodig is, is dat jou CV nie suksesvol daarin slaag om vir jou onderhoude te bewerkstellig nie. Onthou dat die doel van jou CV nie net is om te kommunikeer hoe jy vir die rol gekwalifiseerd is nie. Met Solidariteit se CV-bouer kan jou CV bó dié van jou mededingers uitstaan. Solidariteit se CV-bouer neem jou registrasie-inligting, insluitend opleiding, werkgeskiedenis en ondervinding, en omskep dit in ʼn aanloklike, persoonlike Afrikaanse CV vir jou gebruik. Klik hier om jou gratis profiel te skep.

3. Jy maak nie gebruik van voortgesette leer nie

Deur jou vaardighede gereeld op te skerp, kan jy bo jou mededingers uitstaan en aan die voorpunt van jou loopbaan bly. Met jou Solidariteit-lidmaatskap kan jy gratis kursusse in die gemak van jou huis of kantoor voltooi. Klik hier om meer te lees.

4. Jy soek op die verkeerde platform

Daar is talle platforms waar jy kan aansoek doen vir werk, maar dit is nie noodwendig te sê dat meer platforms meer sekerheid bied nie. Klik hier om sommer vandag nog jou gratis profiel te skep. By Solidariteit het ons ʼn tuiste vir werksoekers en werkgewers geskep om by mekaar te kom.

By Solidariteit glo ons dat elkeen wat wil werk, moet kan werk, en daarbenewens ʼn goeie werk moet hê en hulle volle potensiaal moet kan bereik. Daarom het ons ʼn aanlyn beroepstuiste geskep waar werkgewers en werknemers vry, veilig en voorspoedig kan wees. Klik hier en word vandag nog deel van jou aanlyn beroepsgemeenskap, want #JyHoortHier.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel