loading
Artikels
7 maande gelede
welstand-van-jou-personeel

Foto Krediet: OkayDeer

Welstand van jou personeel     

Deur Nico Strydom

Personeel speel ʼn kardinale rol in die sukses van jou organisasie of onderneming. ʼn Welstandprogram skep nie net vertroue in die organisasie nie, maar ook gesonde en positiewe personeel ongeag die grootte van jou organisasie.

In hierdie kursus van Solidariteit, Welstand van jou personeel, kyk die bedryfsielkundige Ewald Rossouw holisties na werknemers se welstand. Dit sluit in die tipes welstand, hoe die verskillende komponente bymekaarkom en die belangrikheid van welstand vir onder meer werknemers se produktiwiteit en die kultuur van ʼn organisasie.   

Die kursus bevat raad en wenke oor hoe om die impak van personeelwelstand te hanteer en te weet hoekom welstand in die werkplek belangrik is. Om dit te doen, moet jy weet hoe om die stand van personeel se welstand te identifiseer deur op sekere gevaartekens te let en daadwerklik op te tree indien daar kommer is. Jy moet ook jou rol as werkgewer verstaan wanneer dit by die bestuur van personeel se welstand kom, en ook wat ʼn werknemer se eie verantwoordelikhede in hierdie verband is.  

Daar is ook praktiese wenke oor die uitrol van ʼn welstandprogram en hoe om stigmas oor welstand in die werkplek af te breek. Dit sluit in om hulpbronne vir werknemers te verskaf om hul welstand te bestuur en ʼn kultuur te skep waar welstand as belangrik geag word. Rakende stigmas word daar gepraat oor hoe onkunde en vrees daartoe bydra en hoe die leierskap van ʼn organisasie ʼn invloed hierop kan uitoefen.  

Dit is verder belangrik vir bestuurders en hoofde om na hul eie welstand om te sien ten einde te help om die kwessie onder werknemers aan te spreek. Daar word raad gegee oor hoe om dit te doen en die positiewe invloed wat dit teweeg kan bring. 

In die laaste deel van die kursus word daar gekyk na hoe ver ʼn organisasie kan gaan om ʼn werknemer met hul welstand by te staan en waar die streep getrek moet word. Daar is praktiese raad in dié verband asook stappe wat dan uiteindelik gevolg kan word.

Hierdie kursus sal jou die nodige kennis gee om welstand in jou organisasie aan te spreek, en só ʼn positiewe kultuur en personeelkorps te handhaaf.

Wees aan die voorpunt van jou loopbaanontwikkeling.

Lees hier meer oor jou eenstopberoepstuiste vir voortgesette leer. Lede van Solidariteit kan hierdie kursus gratis voltooi! Indien jy nog nie ʼn lid van Solidariteit is nie, klik hier om binne ʼn minuut aan te sluit. 

Klik hier om hierdie kursus te voltooi. Indien jy onseker is hoe om vir die kursus in te skryf, lees hier vir ʼn stap-vir-stap-verduideliking.

Bemagtig jouself en jou personeel met hierdie insiggewende kursus oor die welstand van jou personeel.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel