Is ek ʼn lid van Solidariteit as ek deel is van die Studente-aanbod?
Nee, jy is nie ʼn lid van Solidariteit as jy by die Studente-aanbod betrokke is nie. Die Studente-aanbod behels nie lidmaatskap nie, daarom betaal jy glad nie lidmaatskapfooie nie. Indien jy van die betaalde voordele wil gebruikmaak, moet jy by die Solidariteit Jongwerkende-lidmaatskap aansluit.