Die artikel is tans nie beskikbaar nie. Probeer later weer.
Gereelde navrae
-
Jy kan meer uit die platform kry deur jou bestaande lidmaatskap aan jou profiel te koppel.
Stap 1: Skep ʼn gratis profiel op Solidariteit.
Stap 2: Koppel jou reeds bestaande lidmaatskap aan die profiel deur op “Lidmaatskap” te klik of sluit by Solidariteit aan as lid of ondersteuner om meer voordele op Solidariteit te ontvang.
Lees meer
-
- Regsadvies
Telefoniese regsadvies deur die Solidariteit Dienssentrum (0861 25 24 23)
- Arbeidsregshulp
Solidariteit verskaf gratis regsverteenwoordiging ten opsigte van beroepsverwante sake wat na die KVBA of die arbeidshof verwys word. Sake oor diskriminasie en onbillike aflegging, asook kontraktuele eise word op meriete aanvaar.
- Sivielregtelike advies
Solidariteit bied telefoniese sivielregtelike advies aan lede.
Lees meer
-
Studiebeurse en studielenings verskil van mekaar. ʼn Studiebeurs is gewoonlik ʼn bedrag geld wat deur ʼn eksterne persoon of instansie aan ʼn student toegeken word. Die belangrikste voorwaardes wat gewoonlik hieraan verbonde is, is dat die student ʼn sekere akademiese standaard moet handhaaf en ná afloop van sy of haar studie vir die maatskappy moet gaan werk.
Met ʼn studielening word ʼn bedrag geld ook vir die student se studie toegeken, maar dit moet ná afloop van die studietydperk aan die eksterne persoon of instansie terugbetaal word.
Solidariteit lys verskeie instansies en hul kontakbesonderhede onder Solidariteit se Skoliere-aanbod by wie julle kan aanklop vir finansiële studiehulp, wat onder andere Solidariteit Finansiële Dienste (SFD), die Helpende Hand Studietrust (HHST), die Atterbury Trust, die Helpmekaar Studiefonds en vele meer insluit.
Onthou asseblief dat Solidariteit se Skoliere-aanbod nie sélf studieondersteuning bied nie, maar ons verskaf wel inligting oor instansies wat dit bied.
Die beste tyd om aansoek te doen is tussen April en September in die jaar voordat jy van plan is om te gaan studeer.
Lees meer
Volg hierdie skakel na die Skoliere-aanbod se studieondersteuningsblad.
-
Besoek gerus ons studieondersteuningblad vir ʼn lys van organisasies wat jy kan kontak vir moontlike studiehulp. Onthou asseblief dat Solidariteit se Studente-aanbod nie self studieondersteuning bied nie. Ons verskaf wel inligting oor organisasies wat dit bied. Die beste tyd om vir befondsing aansoek te doen, is tussen April en September in die jaar voordat jy van plan is om te gaan studeer.
Lees meer