loading
Artikels
10 maande gelede
van-kampus-tot-korporatief-oorbrug-die-vaardigheidsgaping

Foto Krediet: OkayDeer

Van kampus tot korporatief – oorbrug die vaardigheidsgaping

Deur Liza Joubert

In die hedendaagse vinnig veranderende wêreld is voortgesette leer en vaardigheidsontwikkeling belangriker as ooit tevore. Terwyl formele opleiding en universiteitskwalifikasies ʼn stewige grondslag bied, is dit dikwels nie voldoende om aan die dinamiese vereistes van die moderne werkplek te voldoen nie.

Die oorgang van kampus tot korporatief vereis voortgesette leer om die vaardigheidsgaping te oorbrug. Lewenslange leer speel ʼn sleutelrol hierin deur mense met die nodige gereedskap en kennis toe te rus om suksesvol in die werkplek te kan wees.

Die beperking van formele opleiding

Formele opleiding fokus hoofsaaklik op die teoretiese aspekte van ʼn vakgebied. Terwyl dit noodsaaklike akademiese kennis verskaf, ontbreek die praktiese vaardighede en ervaring wat in die werklike wêreld benodig word dikwels in die opleiding. Hierdie gaping kan ʼn groot probleem vir gegradueerdes skep wanneer hulle die werkplek betree. Lewenslange leer, in die vorm van kortkursusse, werkswinkels en praktykgerigte opleiding, bied die oplossing om hierdie gaping te vul.

Lewenslange leer – die sleutel tot sukses

Lewenslange leer, ook bekend as voortgesette leer, hou groot voordeel in. Dit help mense om by veranderende tegnologieë, tendense en werkplekvereistes aan te pas. Werknemers kan hul vaardighede deur voortgesette leer aanvul en nuwe kennis verwerf wat hulle meer aanpasbaar en veelsydig maak. Dit bevorder ook persoonlike groei en ontwikkeling wat uiteindelik tot verbeterde werkstevredenheid en loopbaanvooruitsigte lei.

Solidariteit se kursusse en vaardigheidsontwikkeling

Solidariteit bied ʼn reeks kursusse aan wat daarop gemik is om die vaardigheidsgaping te oorbrug. Hierdie kursusse dek sowel tegniese as sagte vaardighede wat noodsaaklik is in die moderne werkplek.

Kursusse in sagte vaardighede: Solidariteit bied kursusse in tydsbestuur, kommunikasie en konflikhantering. Hierdie sagte vaardighede is van kardinale belang vir sukses in enige professionele omgewing.

Kursusse in praktiese vaardighede: By Solidariteit sal jy talle kursusse vind wat jou die praktiese vaardighede kan gee wat ʼn mens in enige werkplek benodig en wat jy nie noodwendig in formele opleiding aanleer nie. So bied ons byvoorbeeld kursusse in die gebruik van Microsoft Word, Excel, PowerPoint en Outlook. Daar is ook ʼn kursus oor

e-posetiket wat enige werkende sal touwys maak oor die “taal” van die korporatiewe wêreld.

Die voordele van Solidariteit se kursusse

Voortgesette leer is die deurslaggewende faktor om die vaardigheidsgaping tussen formele onderwys en die vereistes van die korporatiewe wêreld te oorbrug. Dit stel mense in staat om hul kennis en vaardighede voortdurend te verbeter en by veranderende werkplekvereistes aan te pas.

Die kursusse wat deur Solidariteit aangebied word, is spesifiek ontwerp om aan die behoeftes van die Suid-Afrikaanse arbeidsmark te voldoen. Solidariteit-lede het gratis toegang tot meer as ʼn honderd aanlyn kursusse. Skep jou gratis profiel op Solidariteit se eenstop-platform vir werk en leer. Lees hier meer oor hoe jy vir voortgesette leer kan inskryf.

Bemagtig jouself en staan só bo jou mededingers uit.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel