
Foto Krediet: Okay Deer
Gekopieër
Jong werkende, moenie wonder nie – leer saam met Solidariteit!
Om met jou eerste werk te begin, kan bitter angswekkend wees. Jy het moontlik oneindige vrae en onsekerhede, maar is te bang om jou baas te vra. Solidariteit bied egter vir jou ʼn oplossing! Danksy verskeie aanlyn kursusse, mentorskapprogramme, gidse en vele meer, stap Solidariteit elke tree saam met jou op hierdie nuwe pad. Lees hier meer oor kursusse wat spesifiek vir jou as jong werkende ontwikkel is:
Deur Kyla-Ann du Toit
Hoe moet ek aantrek? Wat word van my verwag? Hoeveel uitroeptekens is te veel om in ʼn e-pos te gebruik? Belasting – hoe werk dit? My bankrekening is leeg en daar is nog twee weke oor voordat ek weer ʼn salaris kry – wat nou? Hoe op aarde werk Excel?
Dit is ʼn taamlike groot sprong van universiteit na die werkplek en daar is baie dinge wat nuut is en waaroor jy onseker is. Solidariteit maak egter hierdie groot sprong sommer baie kleiner. Jy hoef nie te wonder en vrae te vra nie, jy kan sommer sélf hierdie antwoorde kry deur Solidariteit se aanlyn kursusse te voltooi.
Hier is ʼn lys van 10 kursusse wat spesifiek vir jou as jong werkende ontwikkel is:
- • Microsoft Excel: Basies tot gevorderd: Bemeester Excel deur formules, datahantering en tabelle te leer – ʼn noodsaaklike vaardigheid vir enige datagedrewe beroep.
- • Microsoft PowerPoint: Om ʼn aanbieding te lewer, is reeds stresvol. Hierdie kursus sal jou leer hoe om tabelle in te voeg, wat die doel van “slide master” is en hoe om van animasies gebruik te maak.
- • Microsoft Word: Of jy Word gereeld gebruik en of jy ʼn beginner is, hierdie kursus is ideaal vir enige persoon wat hulle Microsoft Word-vaardighede wil verbeter. Verhoog jou produktiwiteit met template, indekse, tabelle en nog vele meer.
- • E-posetiket: ʼn Groot deel van jou werksdag bestaan waarskynlik uit die stuur en ontvang van e-posse. Weet jy wat is die regte etiket vir e-poskommunikasie? Voltooi vandag nog dié kursus en maak seker dat swak kommunikasie nie jou werk benadeel nie.
- • Kantooretiket: Verstaan die basiese reëls van kantooretiket en bou ʼn professionele reputasie wanneer jy hierdie kursus voltooi.
- • Kleredrag in die werkplek: Jou voorkoms in die werkplek beïnvloed jou professionele beeld. Hierdie kursus sal jou help om die verskille tussen formele en informele kleredrag te ontleed sodat jy presies weet hoe om vir die werkplek aan te trek.
- • Gevorderde konflikbestuur: Konflik is ʼn onvermydelike werklikheid in die werkplek. Dit word dikwels gesien as ʼn negatiewe en ontwrigtende krag, maar as dit reg bestuur word, kan dit ook ʼn bron van groei, vernuwing en kreatiwiteit wees. Hierdie kursus sal jou meer leer oor hoe om konflik te hanteer en dit reg te bestuur.
- • Begroting vir jong werkendes: Raak jou geld te vinnig op? Kyk hierdie interaktiewe webinaar vir wenke om ʼn doeltreffende begroting op te stel sodat jy makliker met jou salaris kan uitkom.
- • Belasting vir jong werkendes: Jy het onlangs jou eerste werk gekry en moet nou begin belasting betaal. Raak belasting baas en wees in beheer van jou geld deur hierdie kursus te voltooi.
- • Persoonlike vs. professionele lewe: ʼn Werk-lewe-balans is baie belangrik! Hierdie module bied praktiese oefeninge oor hoe jy die presiese balans tussen jou werk en jou persoonlike lewe kan vind en bestuur.
Daar is ʼn magdom dinge wat jy nie op skool of universiteit leer nie. Hierdie kursusse sal jou egter help om al jou onsekerhede baas te raak en jou werk met selfvertroue aan te pak.
Volgens Marike Burger, netwerkkoördineerder van Solidariteit se Jongwerkende-aanbod, moet jy aanhou leer en vrae vra om nie net jou vaardighede te verbeter nie, maar ook jou selfvertroue. “Jou eerste werk is nie die eindpunt nie – dis die wegspringplek,” sê sy.
By Solidariteit glo ons dat lewenslange leer nodig is om in enige beroep suksesvol te wees. Met ʼn Solidariteit Jongwerkende-lidmaatskap kry jy nie net toegang tot nagenoeg 150 gratis kursusse nie, maar ook tot beroepsnetwerke, netwerkgeleenthede, mentorskapprogramme, ʼn reuse-werksoekportaal en verskeie gidse en hulpbronne.
Registreer vandag nog jou gratis profiel op Solidariteit om toegang tot al hierdie kursusse te kry en bereik lag-lag jou volle potensiaal.
Jóú werk is óns werk!