loading
Artikels
1 week gelede
solidariteit-help-jou-om-weer-die-werkplek-te-betree

Foto Krediet: OkayDeer

Solidariteit help jou om weer die werkplek te betree

Deur Lize-Mari Verster

Mense tree uit die werksmag uit om verskeie redes. Jy het dalk jou werk verloor of jou huweliksmaat kry ʼn pos in ʼn ander dorp en jy moet nou ʼn nuwe werk daar soek. Om watter rede ook al is jy dalk vir ʼn rukkie sonder werk.

Dit kan uitdagend wees om na die werkplek terug te keer na ʼn tyd van werkloosheid, maar met die regte strategieë en voorbereidings kan jy sukses behaal. Hiermee wil Solidariteit jou help!

Solidariteit bied voortgesette leer- kursusse aan lede wat deel van Solidariteit se waarde-aanbod vorm om lede in hulle netwerke te verryk en te bemagtig. Solidariteit is daarop gefokus om voortgesette professionele ontwikkeling vir professionele persone aan te bied, en Solidariteit se beroepsnetwerke werk hard daaraan om hul lede die geleentheid te bied om die konsep van lewenslange leer in ʼn realiteit te omskep.

1. Netwerk en bou verhoudings met Solidariteit se beroepsnetwerke

Solidariteit se beroepsnetwerke bied ʼn verskeidenheid dienste en ondersteuning om lede te help om suksesvol terug te keer na die werkplek. Hier is ʼn paar maniere waarop hierdie netwerke jou kan help om vir die werkmag voor te berei.

  • • Professionele opleiding en ontwikkeling
  • • Netwerkgeleenthede
  • • Mentorskapprogramme
  • • Hulp met CV en onderhoudvoering
  • • Toegang tot werksgeleenthede
  • • Regs- en arbeidsadvies
  • • Gemeenskapsondersteuning

Sluit aan by Solidariteit se aanlyn beroepsgemeenskappe wat fokus op werksoek en loopbaanontwikkeling. Lees hier meer oor Solidariteit se beroepsnetwerke.

2. Skerp jou vaardighede op met voortgesette leer

Solidariteit bied talle kursusse, e-leer-aanbiedinge en ook webinare aan wat Solidariteit-lede kan benut om nuwe vaardighede aan te leer wat hulle die hupstoot kan gee om hulle loopbaan tot die volgende vlak te neem.

Daar is meer as 130 kursusse, waarvan die meeste gratis vir Solidariteit-lede aangebied word, wat nie slegs ideaal is om jou begroting te laat klop nie, maar jou ook toelaat om nuwe vaardighede by jou CV te voeg wat jou voornemende werkgewer mag beïndruk.

Jy kan jou rekenaarvaardighede opskerp met kursusse in Microsoft Word, Excel, PowerPoint en Outlook. Jy kan ook jou sagtevaardighede ontwikkel met kursusse in tydsbestuur, kommunikasie in die werkplek, telefoonetiket, kantooretiket en nog vele ander waarby jy kan baat vir jou dag tot dag werk.

Klik hier om te sien met watter kursus jy vandag al kan begin!

Klik hier en raak tuis by ʼn reuse-helpmekaargemeenskap wat saam met jou op jou loopbaanpad stap. Deur jou netwerk uit te bou en dit in stand te hou, en jou vaardighede bietjie op te skerp hoef jou nie te bekommer wanneer jy weer nie werksmag na ʼn lang periode betree nie.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel