loading
Artikels
7 maande gelede
solidariteit-is-jou-gids-tot-voortgesette-leer-en-vaardigheidsontwikkeling

Foto Krediet: OkayDeer

Solidariteit is jou gids tot voortgesette leer en vaardigheidsontwikkeling

Lewenslange leer het ʼn absolute noodsaaklikheid in die werkplek geword. Solidariteit verstaan jou behoefte om aan die voorpunt van jou loopbaan te bly, en bied daarom kursusse vir voortgesette leer aan wat jou help om jou volle potensiaal te bereik. Met nagenoeg 150 beroepspesifieke kursusse wat alles op een plek beskikbaar is, is dit makliker as ooit om jou vaardighede op te skerp –dit kan alles aanlyn gedoen word en boonop in Afrikaans!

Voortgesette leer behels die deurlopende uitbreiding van jou kennis en vaardighede tydens jou loopbaan sodat jy relevant bly in ʼn veranderende mark. Dit beteken om te bly leer, ongeag jou ouderdom of posisie. Solidariteit bied die perfekte oplossing hiervoor deur toegang tot gehalte-opleidingskursusse wat pasgemaak is vir jou beroep. Wat dit nóg beter maak, is dat hierdie opleidingskursusse gratis is vir Solidariteit-lede.

Solidariteit se aanlyn kursusse dek ʼn wye verskeidenheid van velde en beroepsrigtings. Of jy nou ʼn  jong werkende is, ʼn kantoorpraktisyn of in ʼn ambag werk, daar is ʼn kursus vir almal.

Met besige werksprogramme en vergaderings kan dit ʼn probleem wees om kursusse in persoon by te woon, maar danksy Solidariteit se aanlyn gemeenskap kan jy op jou eie tyd en in die gemak van jou huis of kantoor leer.

Solidariteit bied ʼn wye verskeidenheid van kursusse, maar hier is die toptien wat jou loopbaan tot nuwe hoogtes kan neem:

  • • Microsoft Excel: Basies tot gevorderd: Bemeester een van die mees gesogte rekenaarvaardighede in enige kantooromgewing. Bedrewenheid in Excel is ʼn moet vir data-organisasie en analise. Klik hier om sommer vandag nog hierdie kursus te volg.
  • • E-posetiket: Perfek vir jong werkendes wat leer hoe om professionele e-posse te skryf en kommunikasie in die werkplek te verbeter. Loer gerus hier omhierdie kursus te volg.
  • • Microsoft Word: Word is ʼn noodsaaklike hulpmiddel vir die opstel van dokumente. Leer om effektief te werk met template, formatering te doen , en om die gevorderde funksies van Word te benut. Jy kan hierdie kursushier volg.
  • • Emosionele intelligensie: In die moderne kantooropset is sagtevaardighede net so belangrik soos tegniese vaardighede. Hierdie kursus sal jou help om jou emosionele intelligensie te ontwikkel, wat noodsaaklik is vir goeie kommunikasie en konflikhantering.
  • • Projekbestuur: Het jy al ooit ʼn projek aangepak sonder om te weet waar om te begin? Hierdie kursus leer jou hoe om projekte doeltreffend te bestuur en te beplan. Klik hier om hierdie kursus te volg.
  • • Microsoft PowerPoint: Leer hier hoe om indrukwekkende aanbiedings te skep wat jou idees effektief kommunikeer.
  • • Basiese Instandhouding: Of jy nou ʼn spyker in die muur wil kap of sommer self die die sitkamer wil uitverf, dan is hierdie praktiese kursus ʼn uitstekende manier om jouself vertroud te maak met basiese gereedskap en tegnieke. Klik hier om jouself te bemagtig.
  • • Grense in die werkplek: Dit is belangrik om te weet hoe om gesonde werk-lewe grense te stel, veral vir jong werkendes wat ʼn balans moet vind tussen professionele en persoonlike verantwoordelikhede. Klik hier om dié kursus te doen.
  • • Bestuur sosiale media: Die digitale era vereis goeie sosialemediabestuur. Hierdie kursus handel oor etiket en riglyne vir die gebruik van sosiale media en oor hoe jy jou persoonlike handelsmerk kan bou. Jy kan hierdie kursus sommer vandag nog doen deur hier te klik.
  • • Kennis en klets: ChatGPT en AI: Die toekoms van kunsmatige intelligensie (KI) is hier. Leer hier hoe om KI-hulpmiddels soos ChatGPT en BingAI te gebruik om jou kantoorpraktyke te optimaliseer en innoverend te bly.

Solidariteit bied meer as net lidmaatskap, klik hier om jou lidmaatskap aan jou gratis profiel te koppel en benut so jou voordele ten volle. Danksy hierdie geleenthede vir voortgesette leer kan jy verseker dat jy nooit agter raak nie, en altyd aan die voorpunt van jou beroep bly, want #JyHoortHier. 

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel