loading
avatar
Artikels
13 uur gelede
vyf-maniere-waarop-ouers-hul-kinders-vir-die-werkplek-kan-help-voorberei

Fotokrediet: Okay Deer

Vyf maniere waarop ouers hul kinders vir die werkplek kan help voorberei

Deur Liza Joubert

In vandag se wêreld van werk soek werkgewers mense wat nie net akademiese kwalifikasies het nie, maar wat ook goed kan kommunikeer, probleme kan oplos, professioneel kan optree en bereid is om voortdurend nuwe vaardighede aan te leer. Daarom begin voorbereiding vir die werkplek lank voordat ʼn jong mens met hul eerste werk begin.

Ouers speel ʼn sleutelrol om hul kinders vir hierdie volgende fase met die regte hulpbronne toe te rus. Hier is vyf praktiese maniere waarop jy jou kind reeds op hoërskool of as student kan help voorberei:

1. Help hulle om hul sterkpunte te ontdek

ʼn Jong mens wat hul eie sterkpunte, belangstellings en persoonlikheid verstaan, neem gewoonlik beter studie- en loopbaanbesluite. Daarom is loopbaanverkenning een van die eerste stappe in werkplekvoorbereiding.

Solidariteit bied hulpmiddels soos dieBelangstellingsbepaler, #VakKeuses, My Hoërskoolpad en Beroepe van die Toekoms-videoreeks om leerders te help om hul talente te ontdek en ingeligte besluite oor hul toekoms te neem. Dit is heeltemal gratis op Solidariteit-aanlyn beskikbaar!

2. Moedig ʼn ingesteldheid van lewenslange leer aan

Die dae toe ʼn graad alleen genoeg was om ʼn suksesvolle loopbaan te verseker, is verby. Werkgewers waardeer mense wat bereid is om voortdurend hul kennis uit te brei en nuwe vaardighede aan te leer.

Solidariteit se kursusse vir voortgesette leer bied nagenoeg 150 beroepsgerigte aanlyn kursusse wat gebruikers in hul eie tyd kan voltooi. Dit gee vir jong mense die geleentheid om reeds vroeg die gewoonte van voortdurende ontwikkeling aan te leer.

Voorbeelde van praktiese kort kursusse op Solidariteit se leerportaal wat jong mense reeds voor hul eerste werk kan voltooi, sluit in Kuns van kommunikasie, E-posetiket, Kantooretiket, Konflikbestuur en Microsoft Outlook. Hierdie kursusse help jong mense om vroegtydig professionele sagte vaardighede te ontwikkel wat hulle daagliks in die werkplek sal gebruik.

3. Leer hulle hoe om professioneel op te tree

ʼn Goeie eerste indruk begin lank voor ʼn onderhoud. Jong mense moet weet hoe om ʼn professionele CV op te stel, hoe om hulself tydens ʼn onderhoud te gedra en hoe om effektief in ʼn professionele omgewing te kommunikeer.

Solidariteit se Studeerkamer bevat praktiese hulpmiddels soos ʼn CV-gids, onderhoudgids en ander hulpmiddels wat studente help om bo ander kandidate uit te staan en die arbeidsmark met selfvertroue te betree.

4. Bou praktiese ervaring voordat hulle klaar studeer

Werkservaring hoef nie eers te begin ná jy jou graad in jou hand het nie. Skaduwerk, mentorskap, vakansiewerk en internskappe gee jong mense blootstelling aan die werklike werksomgewing en help hulle om waardevolle professionele netwerke te bou.

Solidariteit bied studente toegang tot mentorskapgeleenthede, help met skaduwerkgeleenthede en bied ook praktiese studieondersteuning wat hulle reeds tydens hul studies kan benut. Dit is alles beskikbaar op Solidariteit se Studentelewegroep – ʼn ruimte wat spesifiek vir studente geskep is om hul volle potensiaal te bereik voordat hulle die wêreld van werk aandurf.

5. Help hulle om die wêreld van werk te verstaan

Benewens vakkennis, moet jong mense ook verstaan hoe die wêreld van werk funksioneer. Basiese kennis van belasting, begrotings, werknemersregte en professionele gedrag word selde op skool geleer, maar speel ʼn belangrike rol wanneer iemand hul eerste werk begin.

Solidariteit bied verskeie hulpbronne vir studente en jong werkendes oor hierdie praktiese aspekte van die werkplek, sodat hulle beter voorbereid is vir hul eerste werk.

ʼn Belegging wat ʼn leeftyd hou

Geen ouer kan elke uitdaging uit hul kind se pad verwyder nie, maar hulle kan wel die regte gereedskap gee om dit met selfvertroue aan te pak. Deur vroeg reeds op selfkennis, vaardigheidsontwikkeling en praktiese voorbereiding te fokus, kry jong mense ʼn voorsprong wanneer hulle die arbeidsmark betree.

Registreer dus vandag jou kind se gratis profiel op Solidariteit-aanlyn en kry toegang tot al hierdie hulpmiddels, kursusse en ondersteuning wat jong mense voorberei vir studies, die werkplek en die lewe ná skool.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-aanlyn.
Skep vandag nog jou profiel