loading
avatar
Artikels
1 dag gelede
werkloos-maar-nie-hopeloos-die-pad-na-nuwe-geleenthede

Foto Krediet: Okay Deer

Werkloos, maar nie hopeloos – die pad na nuwe geleenthede

Deur Reon Janse van Rensburg

Werkloosheid tref ʼn mens hard. Dit ruk jou identiteit, jou roetine en die veiligheid waarop jy eens jou loopbaan en lewe gebou het. Dit herinner jou aan hoe vinnig dinge kan verander –  en dit bring vrae waarvoor daar nie altyd antwoorde is nie. Maar een ding is seker: werkloosheid beteken nie waardeloosheid nie. Dit is slegs ʼn tydelike draaipunt en soos met alle draaipunte, is daar keuses en geleenthede wat vir jou wink.

Ons weet egter dat wanneer jou moed in jou skoene lê en jy vasgevang is, dit nie altyd so eenvoudig is dat jou omstandighede nie jou gemoed belemmer nie. Solidariteit verstaan die uitdagings wat sy lede in die gesig staar en wil jou gerusstel dat jy nie alleen is nie. Dit is juis in tye soos dié waar ons vir jou intree.

Die verlies aan werk is nie die verlies van waarde nie

Soveel mense bou hul hele identiteit rondom wat hulle doen. Jy vra iemand wie hulle is, en hulle antwoord: “Ek is ʼn onderwyser,” of “Ek is ʼn elektriese ingenieur”. Wanneer jou werk of titel verdwyn, begin jy wonder wie jy sonder daardie titel is. Hierdie oomblik – hoe pynlik ook al – bied jou die geleentheid om jou menswees los te maak van jou posbenaming, en om jou waarde opnuut te ontdek. Jy is veel meer as net dit wat jy vir ʼn inkomste doen.

As ʼn Solidariteit-lid is jy in die beste hande, want ons is meer as net ʼn vakbond en ouer broer in die werkplek. Solidariteit sien ook om na sy lede se belange in die vorm van sy aanlyn werkplatform waar jy nie net ons inhoud kan geniet nie, maar ook aansoek kan doen vir verskeie poste wat jou toekoms kan verander. As lid kan jy ook gratis toegang kry tot ʼn wye reeks aanlyn kursusse en voortgesette leer, beroepsnetwerke en die totale Netwerk van Werk – die grootste Afrikaanse netwerk in die wêreld!

Vat beheer van wat jy wél kan doen

Jy kan nie altyd beheer hoe of wanneer jou werk verdwyn nie, maar jy kan beheer hoe jy daarop reageer. Begin deur klein stappe te neem:

  • Hersien jou vaardighede: Skryf neer wat jy kan doen – nie net formele vaardighede nie, maar ook informele vaardighede. Jy het meer om te bied as wat jy dink.
  • Werk aan jou profiel: ’n Sterk CV en ’n ordentlike LinkedIn-profiel is nie opsioneel nie – dit is jou eerste indruk in die digitale wêreld. Skep ook vir jou ʼn gratis profiel op Solidariteit. Hier kan jy jou CV oplaai en aansoek doen om ʼn verskeidenheid van poste. Die Solidariteit-platform is vir beide die werkgewer en ook die werknemer. Sien ons as die middelman wat julle met mekaar in verbinding laat tree. Klik hier om meer te leer oor hoe jy jou CV kan laat uitstaan.
  • Skerp jou vaardighede op en leer nuwes aan: Elke nuwe vaardigheid, al is dit klein, bou momentum. Dit wys dat jy aktief bly en leergierig is. Solidariteit bied verskeie gratis kursusse aan sy lede waarby jy ook kan baat.

Kry ondersteuning – jy is nie alleen nie

Dit is hier waar Solidariteit ʼn verskil maak. Hulle is nie net daar wanneer jy in diens is nie – hulle stap ook die pad saam met jou wanneer jy jou werk verloor. Solidariteit bied:

  • Regsadvies en bystand tydens afdanking- of afleggingsprosesse
  • Mentorskapgeleenthede
  • • Toegang tot opleidingsgeleenthede via Solidariteit se voortgesette leer-aanbod
  • • Praktiese hulp met CV’s, werksnavorsing, en aanlyn werkaansoeke
  • • En belangrik: ’n netwerk – want werk kry gaan net soveel oor wie jy ken as wat jy weet

Moenie hoop verloor nie – herskryf jou storie

Die roete op pad terug na werksaamheid lyk nie altyd soos jy dit beplan het nie. Soms neem dit ʼn draai in ʼn heeltemal nuwe rigting. Miskien begin jy iets van jou eie. Miskien leer jy nuwe vaardighede vir ʼn nuwe beroep aan. Miskien ontdek jy ʼn roeping wat jy jare lank op die agtergrond gehou het. Maar elkeen van daardie moontlikhede begin by die besluit om aan te hou glo – in jouself, in jou waarde en in jou toekoms.

Jy is tans dalk werkloos, maar jy is nie hopeloos nie. Nie solank jy weer opstaan, weer leer, en weer begin bou nie. Beter dae wink vir jou op die horison!

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel